Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Ontvlugting"(Bladsy 69)

Bisare prentjies in asuur van spatsels stilte teen die muur net my asem roer haar haredos wat slierte oor haar borste tros waar leliewit dié appeldrag se spitse ryp vir aanvoel smag Ek loom verlei deur voordagdou wat ek aan sonskyn toevertou om net ons saamsyn te behou vir hitte teen die oudword-kou’ Maar sinlikheid […]

Met my muisbruin haartjies, My sproete en tande sonder draadjies, Met my seer-blou naels en klein voetjies Trap ek treurig en soetjies Die lewe deur en betwyfel Met elke tree My lewenspad in al sy weë, Ek bekommer my oor oorloë En honger kindertjies En brandmaer hondjies Sonder mamma ‘s Ek bekommer my oor die […]

deur
vir Gedigte

Terwyl haar trane soos herfsblare val ritsel die nagwind (sjoe-sjoe-sweep) deur haar takke -wieg saggies (tula-tula) elke druppel wat val -ver verby verstaan v-e-r-g-e-t-e, hier, onder die sterre wat helder skitter van doer bo. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou

In die vlammespeel Sien ek myself Droom ek drome Want sonder drome Sal ons sterf En Ek is heeltemal te jonk Om op te hou droom Of  te sterf …… Die Canon Wat bulder en vibreer Soos die inrollende branders Herhinder my Aan onsterflikheid Pachelbell se nalatenskap Van die ewigheid …. © F Jansen van Vuuren

ek hunker na troosende toonhoogte sien klassieke klavierklanke en veersag viool vryfklanke ‘n manjifieke Mozart simfonie ek hunker na barbaarse geraaskleure sien dromme doef-daf en elektriese kitare katang ‘n onmusikale ongewenste geraas maar ek sien elke noot sing perfek soos ‘n meesterstuk musiek is ‘n soet-soelige druiwe vir ‘n dowe sielsore ©Roeline

Resensie: Die film, KILL BILLY Oor veertig jare het Harold Lunde [Sundquist] met sy vrou, Marny [Selius], ‘n lewenswerk opgebou: Die in Noorweë landwyd bekende Meubelhuis LUNDE, etwas vir elke smaak, en veral hoogste kwaliteit. En dan… en dan… en dan bou IKEA „die grootste tak ooit in Noorweë” op die aangrensende perseel. Binne ses […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed