Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]
Skelm-slim
Die orange geelgoud van die son speel-speel in die watervoor rakelings gestreel soos ‘n hart se skelm steel
Wat As
Ek skryf vanaand vir myself, Vir arme ek. Die vreugdevolle flindertjie vasgevang in die duisternis Van haar eie psige, Sy verdrink haarself, ‘n swak poging In haar twyfel en verloorenheid Vasgevang in ongeboorenheid van ‘n vorige lewe. Met spelfoute en misvormde rympatrone, probeer sy tog bo uitkom, Tog soveel neerslae alreeds in haar eie kop, […]
Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Hoe doen jy dit?
Jy draai tyd om jou vingers – s-t-a-a-r na die blinkkant van my spore; in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore s-a-g-g-i-e-s streel jou vingerpunte oor my hart jy fluister my winde wakker en staar weer na die naak-kant van my siel my hand styf in joune gee ek oor terwyl jou fluweel […]