Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Koste van ‘n wapenstilstand
ek het ‘n wapenstilstand in die uithoeke van jou oë beleef; toe ek verby die skermutseling kyk wat verward stoei in jou kop kon ek waarneem dat jy lanse breek en van nuwe psalms preek jy predik dat berge nie kan verrys as die aardbewings in stilte suis nie dat koringkorrels eers moet sterf voor […]
Veerloos die nagtegaal
Veerloos die nagtegaal hoe het ek hier beland in hierdie donker land wat knaag aan my verstand bly dryf my na afgrond se rant… hoe ver moet ek hardloop hoeveel siele nog verkoop in swartgalligheid gedoop van alle menswees kaal gestroop verskroei… gebloei…. moeg is ek gestoei… veryste trane kan nie vloei! was nie meer […]
Asemlose denke
in afwagting se bleek lê die kim asemloos, ongeverf en grou in die skadu’s van die eerstelig (op die sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek want gebreekte stiltes het ook ‘n doel splinterglas kan tog ook skitter en skyn en – donker dieptes besit ‘n […]
stories (BRONS)
stories van my eerste onthou is daar stories vertel aan moedersknie kindjie klein Sus en Daan Koeloe en Kiet in die klas Rip-van-Winkel en die Gestewelde kat het hul spore deur my kindwees kom trap moet nie vir Saartjie en Trompie vergeet om terug te kom na die goue draad van stories deur ons dag […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]