Uit God se hand
Vandag het ek jou ontvoer na die heelal van my stiltes daar waar niemand ons mymerings kon hoor. Ek reis dikwels na hierdie plek (saam met jou… in gees) waar waanbeelde van ons mitologiese droombeelde regeer. Hier tussen die griekse gode smag ek smoorlik en behoorlik na die selfkant van jou siel. Op die oop […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Kan jy onthou?
Ek wonder of jy kan onthou dat ons ligjare gelede gedans het op die walms van die maan lank voor skadu’s gate sou brand deur ons gevleuelde drome; toe ons vir ‘n oomblik net na mekaar kon staar terwyl ek sterre probeer plant in jou oë. Lank gelede, my engel was jy d-a-a-r as ek […]
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg Natuurlik kan jy vlieg saam met die knip van jou oog op ‘n verbeeldingsvlug sonder begrip of verwagtinge mymerend deur die uithoeke van jou heelal. Natuurlik kan jy vlieg al is dt net om jouself van realiteite te red om by die oewer van jou siel gelykenisse te plak teen jou […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Winterstuin
Word ek in jou groen luister-bank geplant, wyl jou freud-vingers vroetel aan my kinderwortels. Ontwortel jy sorgvuldig en analities die onkruid en snoei jy my gedagtes tot naak. Staan ek al een; reg om te groei. Met rype refleksie in die poel van my onderbewussyn is my voorgee-vergeet-woorde besig om te verkluim binne-in my winterstuin.
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
RESENSIE: Die Muur, die film
Dis nie teaterspel, nie toneelspel nie, maar filmspel. Dis die bewe van die lippe, die flikker van ‘n ooglid, die trek van ‘n skouer of ‘n skewe mondhoek, die hand wat twee keer na die potlood gryp voor dit skryf, dis die loer oor die kim voor die eintlike mik, dis die na-opname. Dis die […]
Resensie: Die film, Vandag is ek SAMBA
Vandag is ek SAMBA Alreeds tien jare lank woon Samba onwettig in Frankryk. Hy stam uit Senegal en kan hier in Parys aan die lewe bly slegs deur handlanger- en uithelfwerkies te doen. Hy en sy brasiliaanse vriend, Wilson wat ook half-illegaal is, moet geleentlik voor die inspekteure vlug, omdat hulle nie as bouwerkers mag […]