Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]
Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]
Tussen lyne
Tussen die lyne van ń halfklaar boek, eggo woorde deur stilte waar dit na antwoorde soek. Woorde wat rondtas in die krake van jou siel, spore daar los wat die menswees verniel. Woorde wat wil aanklank vind in gister se niks Nog boos nog blind vir die waarheid wat is. Tussen lyne wat krom is […]
LANDREGTE in huidige Opset
LANDREGTE Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle aanspraak op grond het wat eintlik aan hulle behoort, maar waarvan hulle momenteel uitgesluit is. Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle grond besit, wat hulle voorvare op wettige wyse bekom het – òf gekoop, òf deur ‘n regering toegeken, of hoe ook al. Nou bots die […]
KATEGORIE: MOONTLIKLIKHEIDSVORMS 1: Moontlik is Alles
MOONTLIK is Alles As Daan maar net sélf kon gekies het, sou hy alleen die onvrugbare droë plaas met eie middels gekoop het. Maar soos dit nou maar is, het hy geen keuse gehad nie. Want, om die nodige geld in die hande te kry, moes hy die onmoontlikste vrou op die dorp trou — […]
Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)
Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo maar elders brand daar treine, of skole – of so nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat. Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae of is […]
Dit is goed so
Die blomme het soos jou liefde mettertyd verwelk Die juwele het ek lateraan by die goudsmit laat smelt Jou briefies en ons kiekies het tot vuil-geel verblyk Mooi herinneringe begin my stadigaan een vir een ontwyk. En dit is goed so. Dis jou laaste woorde wat aanhoudend deur my gedagtes breek Die spyker in ons […]
Steurnis hier binne my…..(Opgedra aan ‘n jong meisie)
Innerlik voel ek die vuil in my ek was en was en was trane biggel oor my wange dood het hier binne kom lê Ek wil uit dit kom maar hoe die vuilis met sy kloue het rondgetas my selfbeeld diep geknou, vreesaanjaend Met leuens het jy gekom my in jou swetterjoel ingetrek, jou beeld […]