Draadsitter .
Saterdag op Ellis Park het ek hart en siel vir die Bulle gegee Stembande aan flarde rou geskree. Lank lank voor halftyd al my geknakte ego skelmpies onder die stoel ingevee… Te midde dit alles kom ek toe agter Jantjies speel vir die Leeus! 20170520
Liefdesbriefie vir die Maan
Ek het met die wind gepraat en sy het my verstaan Ek het vir die maan ‘n liefdesbriefie agtergelaat Met woorde en allegorieë die bladsye bekrabbel met my drome en verspotte teorieë onbeheersbare hartseer die hele brief deur gebabbel Ek het ook oor jou geskinder oor die banaliteit van my bakvissie verliefdheid en die spektrum […]
‘n (on)waarskynlikheid
Soms sal ek op strande loop, oor rotse klouter en op klippe trap, met ‘n stokkie in vlak waterpoele krap. Dalk vind ek daar ‘n klipvissie – deur ebgety gelaat. Maar eintlik soek ek net na die sterre van die see, wat sonder skyn – in onderdompeling – my immer tot verwond’ring bring. * Miskien […]
Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
OP VRYE VOET
Olifant in die vertrek kolossaal is die probleem flenter stukke waar jy getrap het die pad van verwoesting agter jou en deur ons harte oor ons lewens die spore geëts leier van die trop afgedwaal en losgebreek het jy van jou pligte vergeet die kalfies by die koei gelos en voort gefoeter die duisternis in […]
KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)
KATEGORIE: Oor WOORDe Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, […]
Onherroeplik
Ek besef -treurig- nou eers, ek het jou lankal reeds verstoot. Ek skeur jou stuk-stuk van my los en bou die legkaart op my skoot.
Ek hoor jou
Ek hoor jou nog maar ek luister nie jy raak my aan ek voel jou nie Jou perfekte hande streel my nie aanplak trane skeel my nie Jou hartseer stories raak my nie Jou heimwee hart traak my nie. Stil, die valse deuntjies wat jy sing Stik aan die leuens wat jy opkook! Soos tyd […]
Vreemdeling
kyk die spelende kinders soos vrolike vlinders maar jy my kind nou sonder oë het nie die vermoë om hul vrolikheid te sien hoor die gelag van jou maters soos kabbelende waters maar vir jou my kind nou sonder ore is dit nie beskore om die vrolikheid te hoor babbelende kinders spelende vlinders kabbelende strome […]