‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Argelose saad
gebreek verwater afgeskaal nie wie ek is of wil wees dis hoe ek voel in jou afwesige teenwoordigheid. dom en onbeholpe as jou skaduwee oor my val is ek net ‘n buitelyn ‘n potloodskets wat soos niks uit jou lewe gevee word. jou dorings steek in my hande bloeiende hande wat ek uitgestrek hou na […]
Jellievis
ek het geword soos iets wat vrot jellievis losgeskeur van die naelstring van die see lȇ my naaktheid bloot ek het geen verweer teen die seer steeds nader oor die rande kruip honger wurm-ingewande om my vlees te verteer ek het geen exo-skelet om te keer nuuskieriges wat wil aanhou weet skerp stokke na my […]
Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
Loop-pop
my loop-pop het gebreek iets is binne in verkeerd sy kan nog huil maar nie meer lag net huil huil huil haar ogies is nog helder blou haar lippies rooi en sag maar ‘n monster het haar haartjies afgekou hy lag lag lag die kuiltjie is nog in haar wang maar haar lyfie is uitgeteer […]
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK Drie tale kan ek praat en skryf – taamlik goed, as ek my ‘n bietjie selflof mag bedien – naamlik Afrikaans, Duits en Engels; met Fanagalo kan ek waarskynlik genoeg raadbraak om my juis onverstaanbaar te maak. Maar teen Kåmpioeterspraak kom ek nêrens aan nie. En besonders as mense met my […]
Wie gee jou die reg?
Die son kom traag op. Stadig en moeg asof hy saam met ons die lang harde nag deurgemaak het. Meskien as die son tog by ons was, in plaas van die volmaan, sou dinge baie anders uitgedraai het. Baie boosheid gebeur mos as dit donker is, want skelms is versigtig vir die lig. Soos vampiere. […]
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL Ek maak kapsie teen allerlei modes en modetjies: Die datum verkeerdom skryf: Wanneer is (of was) 02/04/06? En 06;02;04? En 04.06.02? (Een van die kombinasies is my verjaarsdag, maar welke?) Wie het hierdie onsin die volk aangebind? Is dit alweer ‘n versoek om die neo-liberalistiese afgode te paai? ☼ Die maande […]
DIE KEUSE
KORTVERHAAL DIE KEUSE Binne-in die koevert was ‘n pragtige sewejaartjie. Martie haal dit uit en gooi dit binne-in die graf en kyk hoe dit saggies op haar man se kis val. Met haar een plomp hand wriemel sy haar duur swart rok se soom met duidelike onsteltenis. Trane loop oor haar bol wange en haar […]