James Bond en die Stomp Aap
James Bond en die Stomp-aap Zanzibar is die enigste plek ter wêreld waar ʼn mens die Rooi Stomp-aap (Red Colobus Monkey) kan sien. Eks nou nie ‘n aapkenner nie, behalwe vir my tuinwerker, maar hy’s darem nie so skaars hier in Oos-Afrika soos die stomp-aap nie. Mense betaal baie geld om na Zanzibar te reis […]
drama-teug
huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]
daglig
sonstrale breek deur die mis bring hitte oor natgedoude duin oomblikke van verdampende kou dan kruip fisant braaf uit skuilplek kraai triomfantelik sy môre groet érens onder digte fynbos bly lê grysbok ooi met haar lam vir haar is nagwaak oor sonstrale bring sig vroeë waarsku teen mens en dier ©Teárlach
van brood
in die bakhuis van la fontaan ruik jy suurdeeg strate alom gis brode wat uit oonde kom gebak deur bakkers van faam ver en wyd het kopers gekom plaas botter en brood so vars gemaal uit die koring en gars ander bakkers staan verstom la fontané se naam het versprei broodwaens ry steeds elke dag […]
Karoo-lied
Karoo-lied Daar wil ek neurie en sing om God te loof en prys ‘n loflied skryf dit uitbasuin my dankbaarheid wys hoekom wil ek oor jou Karoo ‘n liedjie skryf vasgevang met min woorde baie om die lyf op die gelyk bruin papier wat uitgestrek lê met note swart en wit wat tussen lyne sê […]
Tafelberg
TAFELBERG Van Hunks het sy pyp gerook en party dae goed gestook met die tafel gedek met digte mis gemuff en gepuff met mening gewis ander dae laat geslaap beslis verslaap en die skoonheid het die berg in omhelsing omvou as ons by die Waterfront koffie en skonsie laat trou Kapenaars, besoekers, toeriste kuier saam […]
In nagedagtenis (2)
Ek vind jou telkens teen die hange van ‘n Overberg, ek roep jou naam en hoor hoedat jy antwoord gee. Jy reënboog oor die vlaktes en valleie – daar waar jy verbonde met lig se breking smee. Jy vloei in riviere af – strome wat kronkel deur klowe en ‘n poort, vloed wyd oor dale […]
ROOIKRANS DORPIE
ROOIKRANS DORPIE Ouma Eleen se geel bus vertrek vanaf Kaapstad se stasie opgewonde in die bus met al haar bagasie die bus stop op Rooikrans dorpie met sy mooi natuur en see rooikrans se dorpie is in die kaap provinsie geleë vertrek ons reg oor die oop kaapse vlaktes heen langs die hottentots-hollandse berge ry […]
ken jy die land
1. Ken jy die land waar die springbokram pronk En ook die klank waar die watereend honk Savannah buffels op vlaktes wei En roofdier prooi na slagting lei. 2. Die land waar aasvoëls op bergkranse broei En uitstreep gwano hul nes verklaar Waar geelhout hoog teen die berge groei Die luiperd sy woede ontlaai. Koor […]