Dan mis ek jou weer..
Mis jou in die oggend wanneer die son se eerste straal vir my ‘n knik-oog gee, en dan wonder waar is jy heen sonder om ‘n traan van my wang af te vee. Ek weet wat gebeur het is buite ons beheer, want mens kies nie vir wie jy lief raak, en maak nie saak […]
transkaroo
jou naam bruis in die warm rooi bloed wat klop en klop soos die trein se wiele tik-tak tik-tak al nader na die kaap in my waansin en jou rare dwaasheid ontvang hierdie bloederige veer van ‘n wit duif wat gesneuwel het … voor jou skoonheid
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
EENSAAMHEID
Hoor hoe huil die Augustus wind, soos n hartseer,verlore kind. Die geritsel van die blare, die gedruis van die bloed in die are. Dit is verlange wat jou dryf, om jou diepste denke neer te skryf. Eensaamheid wat jou laat dink aan n lee more wat wink. Beloftes van n nuwe dag, wat jou vul […]
Net voordat jy gaan (2)
Jy kyk op jou horlosie, ek wis dis tyd dat jy moet gaan. En ek wéét ek praat te veel, my vriend maar ek wil hê jy moet verstaan; Viooltjies en laventelbos was nog altyd mooi vir my veral vroeg in Oktobermaand as hul só in kleur en geur gedy. Die kwikstert broei haar kuikens […]
Saphira in die Donker Woud
Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf. Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit beteken dat die wind hoog […]
Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]
Flenter kompas
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Ink-lint
Jy stort water in en oor my stof-krip Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde Metamorfose Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart My lippe dwaal […]