Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]
Verborge Bergrug
Nadia stop en wag vir die ander om in te haal. Gewoonlik klim hulle almal teen dieselfde pas die berg uit. Maar sy het vanoggend iets wat haar jaag. Sy vat ‘n sluk water terwyl sy af kyk na haar klimgroep. Sy sug toe sy sien dat hulle nog ‘n hele ruk gaan vat om […]
Uitgeteer
Geskryf, voorgedra, en opgeneem deur Marieta Calitz Sal die woorde so gou moontlik bylas
. . . dan kom ek weer
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit eindelik ophou reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls met ‘n môrelied jou nuwe dag sal seën ek kom weer as jou Namakwaland aan’t blom is jou soetgras wuiwend oor Vrystaat velde baan fonteine borrel uit jou aarde se barheid […]
Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)
my kind: die een jaar volg die ander tyd staan nimmer stil en sestien’s net ‘n oomblik lank geen uur is te verspil onthou – voëls vlug deur die hemel daar’s rusplek op die grond bloeisels vly teen takke die volmaan tinkan rond die herfs se son is lou my kind die winterwind waai koud […]
Ons Verlangende Harte…
Wanneer verlange met sy hande my hart omvou, dink ek aan elke goeie kosbare oomblik saam met jou. Dan voel ek so nader – tog so nader aan jou hart! Voel ek hoe elke goeie herrinering binne my vergader, bly die pad na jou toe, die enigste een wat ek oor en oor sal vat. […]
Ou Koeie
Koes-koes, eina! My kop is al foosseer van jou traandrupgekef, ja, van al die ou koeie (maar min wat tref), wat jy vandag weer teen hom aangooi – en nes ek dag die sloot is nou leeg dan kom jy met nog ñ halfdosyn speenkallers oorhoeks opdreef. Maar toemaar, hoor my lied, eendag se eendag […]
Ek WIL net gou iets oor die maan sê
gisteraand se groot maan het oor die Bolandberg geklim daar was oker, daar was vuur in die volrond van sy glim kortstondig was sy uur en ek wou dit met jou deel maar teen kwart-oor-sewe, Kaapstad was die maan bloot silwergeel © C. Shaw 19 Augustus 2016
Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder hoe dit met jou gaan. Ek het weer laasnag so sleg geslaap, en toe maar vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies is al om my, hul speel heeldag op die bed. So, ek voel nooit juis alleen nie, dis als plesier en pret 😃 Dinge by die werk sukkel egter nou, […]
lankmoedige liefde
o’ bokkie skat van my hart ek wag op jou beertjie bruinoog liefde styf in my arms omhelsing so warm en sterk en sag ‘n hert wat in die wildernis swerf na koele waters van liefde smag my fonteine is almal in jou drie paaie elk sonder omdraai by die kruispad gekies aanhou te glo […]