Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Vrees"(Bladsy 27)

agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]

oor die donker duin rol daar stofstrepe sny diep sandgrepe laat tolbos as puin viervoet doring heining span blink oor hout rakke met muur van tolbostakke tuur oor sand se deining droogte sny diep in harte landbouer stap moedeloos wingerde verlep in smarte ©Teárlach

vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]

As die wind oor dorre Bo-Karoo vlaktes gly en die beeste hul stertkante wind op wil draai die tolbosse ligvoets trippel oor grasvelde heen wyl vlieswolk-skadu’s met stof resies jaag dan trommel dit diep van uit my boesem versink in die begeesterde Johannes se woorde sy hart aan die punt van ʼn veer vasgemaak waar […]

my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]

soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]

laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]

o, treurig steun Suid-Afrika gebuk onder die dodelike songloed waar die son lag soos die dood jaag al die waterwolke weg stuur hulle in ‘n ander rigting waar daar genoeg groen is arme dam probeer sy bes om sy uitgedroogde lande te voorsien hoe lank moet Suid-Afrika nog verduur? haar grondmond gebars van droogte haar […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed