Liesbet ontsnap
(1038 Woorde) Ek’s nie seker of ek geslaap het of wat nie. Ek het net bewus geword. Ek het bewus geword van die styfheid in my hele lyf. Asof ek gister gehardloop het en daar te veel van my spiere verwag was. Ek het my oë oopgemaak, maar alles was steeds stikdonker. Nie donker soos […]
Grendelstaat
Grendelstaat Ten minste het wegbly nou ‘n naam – iets buite ons beheer. Die daaglikse dobbelspel van terloopse kontak of my wonder en wroeg oor die geensiens in weke, verval. Maar steeds maak jou stilte my mal. Hoe wens ek ons bestaan was en word vir jou en my grendelvry. ©ASvdMerwe April 2020
Godsverlate
(Goud) Die bloukraanvoël het net ’n veer gelos teen die versletevaal ou baksteenmuur (naas die oop deur van ‘n leë wolskuur) tussen doringstruik en granatebos. Net toe die laatson oor die einders blos en skarlakenrooi oor die hemel vuur; toe ’n wolkie stof oor die stil werf stuur het selfs sy oplaas van die grond […]
COVID-19
Vreesbevange is mense oor die coronavirus die nuus is op almal se lippe, en op al wat ‘n voorblad wat die wêreld aanval oor die hele aardbol heen skrikwekkend en geen genade betoon vir iedereen Siekes en lyke lê in hospitale gestrooi Gesigmaskers word oral gesien Oral heers paniek en kommer Die virus het die […]
Konsultant
Kennis verkrag uit talle onwillige baarmoerders verlos as verwronge nuwe belowende planne. Planne op wit beplan om nooit vars blou te sien verkleur na rooier rooi soos ontvanger kennis, nuwe gedagtes ont eer. Ontwikkeling so verberg verwerk in bundels gladde duur papier, rak lewe onbepaald totdat die nuwe ou studie herhaal…
Vir die genesers
My volk is almal krygers. Hulle leef as krygers, veg as krygers, soek na bloed as krygers. Veg vir glorie en vryheid as krygers. Hulle sterf as krygers. En hulle siele word gedra na die Groot Fees anderkant die sonsondergang. Maar nie ek nie. Ek was gebore sonder die dors vir bloed en geweld. En […]
Verdwyning van die SS Waratah
Drie dae. Hy het gesê net drie dae. Hy was verkeerd. Of hy het gelieg? Ons sal seker nooit die antwoord ken nie. Ek het nuus gekry uit die Kaap. My ma was ernstig siek en sou waarskynlik nie die einde van die week sien nie. Ek het haastig probeer planne maak. Per wa sou […]
Draad Wysheid
Onkunde skiet lank draad wes noord oos suid… draai ‘n kringe in self terug om kort wysheid te vind. Woorde skiet blaai na blaai ń refrein van soeke rigtingloos na ń bietjie meskien wysheid.
‘n Blinde glasoog
Is geluk ‘n illusie wat verbywaai soos ‘n lente’briesie wat ruk deur jou hart en agterlaat hartseer en smart… dit is tyd vir ‘n nuwe missie