Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Wense"(Bladsy 13)

Die repetisie-horlosie van twíntíg-twíntíg is verby die grendelknoppies is oopgedruk gebraaide varkvel swoerd op ‘n houtvuur en die ligte wyn in my glas gefortifiseer my lekkerlyf in ‘n tapse groef kom ons klink vir ‘n mooi jaar en hoop dit is nie ‘n kortstondige nuwigheid nie. ©Zebulon Kochk Zebbiekaans Konnichiwa Gedigte

Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]

Liefling, ek is nie as fisoloof of heilige in een persoon verenig nie maar lees graag vir jou harmoniese psalmodieë uit my vrysinnige brevier sodat jy mag ophou skooi met shingle-haardrag en skuinsgeknipte romp en sigaretbeentjies vir duiwelskos en weet dat God’s Woord is van die suiwerste allooi.

“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug. “Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk. “Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan. “Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig. “Gaan julle hom Jesus noem?” vra […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed