Tien Fraaie Meisies
Tien Fraaie Meisies Kleintyd het ons gesing daar is tien fraaie meisies en ek sê vir jou ek het een na die ander so goed beskou hulle is fraai om te sien en ek hou van al tien maar ek durf nie met tien meisies trou,so hoe kies ek ‘n lied almal is so fraai! […]
Laat my liefde nie verlore gaan.
Geskryf, gekomponeer en gesing deur LadySoul Album 4Sy Grootheid
Kalmte en Rus
Geskryf, gekomponeer en gesing deur LadySoul Album 4Sy Grootheid Volume 1
Beurende dennewoud
Jou asem jou woorde… my groen vallei van verweefde dennewoud Soos ‘n boot in ‘n stil woestyn wat seil oor ‘n golwende duin ankerloos gaan lӗ in die holtes van spoelsand waar die asem van die wind in stiltes van woorde gaan lӗ
Orion waar is jou gelyke?
Vasgevang in die stand van die maan wentel Jupiter in sy eie baan Venus jou stand is in die weste en ooste seën jy ons dag en nag met die beste. Orion waar die mens hul geluk op jou hoop kan jy die bande van die Sewester ontknoop soveel meer aan die soom van die […]
aquarius
Die Nuwe Wêreld Orde 1992 outannie bybelstudie teepartytjies maak oorlog die vyand word agter elke bossie uitgesnuffel demone word vreesloos bestraf beveel en besweer soos een man sal ons die bose in sy spore stuit terwyl in sunnyside die ysgodinne van pretoria in netjies gemeubileerde woonstelletjies die duiwel aanbid wat hulle aanhou in ‘n klein […]
Sysoen
In die skemer van my somer bloei ‘n najaarsblom soet, ek ein haar gees as dromer in die herfs van ons gemoed. Haar saad skiet loot in lente en die bloeisel bot soet, sy dra haar kroon in segmente as helder vere in haar hoed. Ons beide ken die winter kou’ wanneer wortels diep groei, […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Ek Is Lief
Ek is lief — Ek is lief vir die lewe, ek is lief vir my familie en vriende, ek is lief vir al die seisoene en verwelkom lente, somer , herfs en winter na eie aard want ek ken die lang uitmergelende droogtes met stompgevrete twagraspolle en die uitbundige vreugde van goeie reënjare se wuiwende […]
Klankloos
‘n Reier bly roerloos staan onder die bleekwit maan vormlose skadu’s kring wydsbeen om hom heen Kaalvoet dans die wind onder die winter sterre en op ‘n mank been huppel hy stoksiel alleen Staar ek na my drome in die hede in die verlede en voel hoe jy in die stiltes van my hart se […]