ken jy die land
1. Ken jy die land waar die springbokram pronk En ook die klank waar die watereend honk Savannah buffels op vlaktes wei En roofdier prooi na slagting lei. 2. Die land waar aasvoëls op bergkranse broei En uitstreep gwano hul nes verklaar Waar geelhout hoog teen die berge groei Die luiperd sy woede ontlaai. Koor […]
Troebadoer
laeveld troebadoer laeveld troebadoer jy met martini-henry se roer is mos voorslag-jagter en ‘n boer velskoen troebadoer velskoen troebadoer galop deur mopanieveld so ruig rooibokram agterop saal getuig vader troebadoer vader troebadoer help nou seun lig hom af hang hom op hak sy skene vas teen vloer sy kop seuntjie troebadoer seuntjie troebadoer slyp lem […]
Toekoms lied
boereseun van die berge van stoere boere bloed aan my vaderland getrou bly ek tot ek moet sterwe geen prinse van nêrens af of konings van verre buig ek my knieë voor gasvry en beleefd is ek wel godsvresend lewe ons saam ons geloof altyd sterk daarom bly ons altyd so getrou aan ons hemel […]
Deel 3: ‘n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark
Deel 3 vervolg van Deel 2: ‘n Waagstuk van Liefde “Ja.” En daardie glimlag speel weer oor sy lippe wat sy groen kykers in diamante verander en ek sug van verligting. ‘n Glimlag sprei oor my eie gelaat en ek keer myself net betyds om hom te bespring. Maar ek beteuel myself. “Ek is bly […]
My hart is [steeds] gebreek
Ek is breekbaar soos droë blare [jy weet daai wat as jy te hard daaraan vat verbrokkel dit onder jou vingers]. My hart is nie (en was nog nooit) regtig heel nie en die vrede binne my kan nie die seer daarin stil nie. Ek weet waarin die mooi van die wêreld lê ek sien […]
Deel 2 van ‘n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark
Alles goed en wel dink ek, hierdie man het my hart in die holte van sy growwe hande. Hande wat gewoond is om raak te vat. Hande wat sag maar hard kan wees. Hande wat my kan oopvlek want hy weet wat hy aan my doen—wat ek wil he. Dit het ek die meeste gemis. […]
Afrikaans is soos rooiwyn
Afrikaans is soos rooiwyn Afrikaans is soos rooiwyn wat ons met die plant van sy loot in vrugbare grond met sy klimaat wat dit omhels kunsstowwe voed, water lewe gee troetel en snoei bewaar teen peste en plae elke oomblik troetel en op die regte tyd pluk dek vir aansit en hap maar ook vir […]
Afrikaans jy is my lied van my hart
Afrikaans jy is my lied van my hart Afrikaans is die stem van my hart uitdrukking van my vreugde en van smart van storms wat in my woed en kalmte wat sag spoel Afrikaans hou my vas as ek alleen voel rondomtalie my gedagtes, my woorde, my ink op papier waar my suiwer woorde die […]
Boveld nooi
my nooi Karin van die hoëveld boveld meisie van verlangevlei vaalhaarnooi – blouoognooi tintelende wange perskerooi hoëveld-nooi boveld-nooi hartjie o so mooi plaasnooi met handjies fyn en fraai draai die naald flink deur kant en breiwerk krale – stringe – kaartjies niks bly skeef as haar hand daardeur weef hoëveld-nooi boveld-nooi hartjie o so mooi […]