Ek wil huil oor jou
Ek wil huil oor jou nie buitekant toe nie waar my masker kan kraak nie maar binnekant toe waar die trane die verf wat hard geword het weer sal sag maak binnekant toe waar die seer kan afspring oor die damwal van self-beheer wat my wil keer ©Sonja Peacock – 2017
Die dag toe die bos afgekap is
Die dag toe die bos afgekap is, het ‘n radikale omwenteling plaasgevind sonder dat dit deur die blote oog waargeneem kom word of iemand daarvan bewus was. Hulle het daai dag, die bos kom afkap. Sy het alleen daar gestaan en kyk. Slegs ’n waaarnemer. Daar was die ou dik, diep vasgewortelde struik wat al […]
– SONDEBOK
SONDEBOK ons liefde moet boet vir ons swakheid moet ly vir ons sonde gekroon met dorings gesweep met die tong verwerp verloën gekruisig gehoon vir dood in ‘n linnedoek toegevou vergraf om vir ewig te vergeet maar Hy weet van beter dis Hy wat laat lewe die doeke is leeg die graf nou verlate wat […]
volkome
soos golwe ritmies sand bedek soos winde egalig duine skep soos mense dikwels net verwoes so is die dae van ons huidige tyd ewig is oneindige begrip van onkunde selfs in ons genié se verstand laat dit ons beste na niks lyk nou sien ons net ten dele wanneer ewig open sal ons dan ten […]
Karoo droogte
Blinkblaar wag-‘n-bietjie gryp en vra wanneer kom die troostende reën dan my takke hang moeg reeds in stowwe gelaat en my voete vergaan in dorre Karoo stof gelaat swarthaak se arms strek uit en hy ween waar bly dan die lafenis, U wonderlik reën hul stemme verdof, hul kop sak bewoë neer met kele verdor […]
Karoovlaktes
Karoo briese fluister sagkens saam hul stemme laf deur kareeboom blare en hoog in die hemele sweef arende vry wieg hul op wieke van die oostewindmaat hoog teen swart gebrande ysterkliprante skater lawwe hittegolwe die hellevuur dans lok hul met valse oasis oor vlaktes alleen en verdwyn dan geruisloos oor horisonne heen alleen in die […]
Soekend
ek soek jou in die more ek soek jou in die aand iewers by die werk naby my gisters more kom ‘n nuwe dag wagtend in vroeë dou in die sonstraal van verlange weet ek die koue wintersnagte toegevou in warm kombers jou liggaamshitte ontbreek soekend in die geur van koffie te vinde saamgevoeg in […]
Anderkant na nêrens lê die Liefde
somtyds raak my gedagtes in vervoering ver van waar nêrens eintlik eindig nie weet ek wag daar ‘n lieflike droom op iemand so naby maar tog so ver onder die reënboog se soom wag die oomblik van ‘n tere liefde omring en in die arms omvou van die grootste onsigbare liefde ooit weet ek sal […]
Klawerbord en die liefde
saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min want groot is die liefde tussen my en hom maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet want waar eens ‘n tere familie band was van […]