Jongste aktiwiteit:

2018(Bladsy 190)

My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]

VERJAARSDAGGROET 2018 Dag-ook, alle vriende, bekendes en onbekendes, ek en Dietrich wil julle alles van die beste in ons nuwe jaar wens. Mag julle seën van bo en sukses hier op aarde beleef. ☆ ✲ 🕆 ☽ ☆ Deur goeie Magte getrou en stil omgewe, behoed en getroos so wonderbaar, so wil ek hierdie dae […]

agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]

Blare van my ek Die geroeste heining staan beskonke skeef soos die kronkelbaan van ‘n ou plaaspad in die lang gras van my lewensvlakte waar herinneringblomme sporadies in pienk en pers vlekke soos geverfde gedagteprente vlekke van horisonspikkels maak tussen groenblaar idees en onvergeefde droëbos sondes waar verledeskandes bruinblaar kraak, tog g –o —l —-w […]

Gedagtegras van verlange Sylangs skeef bakhand leeg kom verlange aangerol soos ‘n veldwind gras laat totsiens wuif geruisloos soos veersagte vlerkeklap maar met koue optimisme wat net omkeer en val en v a l tot uiteindelik die belydenis aan self dat verlange net soos veldbries die gedagtegras sag sal streel sonder om enige tasbare weklikheid […]

kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed