Myself
Myself (4de skryfkompetisie) In stofwolke van breinmassa gaan soek ek na myself die stille figuur wat uit die spieëlbeeld tuur herken ek nie sy lyk bekend – die oë, hare, lippe menige male het ek haar al gesien, maar ek herken haar nie die vonkel in “die een” se oë is weg geen glimlag wat […]
Opgebeer!
Kom hie’so hie’so baba beer! ABC Bikers baadjie rooi slaapmus wit tosseltjie en al. Soos ‘n koning op sy hoek van die bed baas van die plaas. Kyk die klein beertjie hoe vrolik! Opgeruimd lag hy en glimlag breed en lag! Ogies ondeund blink! Sy is al so lank weg Boetie Beertjie sê moenie huil […]
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat – daar waar winterbome met die vaal gras praat; êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink – daar waar die son haar lig in die water skink © Carma Shaw 2 Februarie 2018
Sensuele golwe
Somerson skeur deur die melkerige see ek loop rigtingloos soos ‘n slakkie sonder spoor Jy skilder die mooiste landskappe ek vind genesing in jou kleure en wanneer jy die son dansend in die lug opgooi Strooi yl vlieswolke wit vlekke oor ‘n uitspansel van blou smeulend sensueel die vensters van jou siel en meegesleur word […]
Die sterre glimlag
Bitter liefde staar na my deur ‘n gebreekte spieἔl elke keer wanneer ek verby hom loop voel ek hoe sny hy stukkie vir stukkie, deur my siel Nou staan ek hier voor jou en jy kyk tot diep in my hart dit brand in my vuurwarm van emosies van geluk, verligting of vrolikheid vir ‘n […]
Maskers
Die maskers wat jy dra vra nie vrae nie, hulle sien wat hulle verwag en begrawe die waarheid en steel jou lag, en wanneer die nagte donker raak kyk jy deur wasige vensters en probeer sin maak uit grafte wat nog oop lê hier voor jou, want wat jy is lê lankal begrawe in vergete […]
DROOGTE in die Weskaap
DROOGTE in die Weskaap [Hierdie skryfsel het ek, soos ons onder sien, lank gelede opgestel en later op Woes afgedruk. Ek sien in die TV dat sedert gister water in die Weskaap streng rasioeneer word. Ek hoop dat iemand daarby sal staan en sorg dat die mense slegs vyf liter neem! Toe ek aan die […]
maanblomliefde (Persiese kwatryn)
kom na my waar my heuningliefde woon wees my hartskoning op die diamanttroon waar die oggendson na die maanblom staar en die soet suikerdruppels skitter op die troon maar hier sit ek en huil na jou in de Aar soos die blom hoop vir maanlig op haar blaar my geliefde van ver-hier-vandaan in Elandsbaai die […]
Ongemak Van Lewe
Ongemak Van Lewe Sekere van my vriende gaan deur hel Nou voel ek ongemaklik in my eie vel Laat aande sal hulle my soms bel Om my van hul omstandighede te vertel Hulle sit in gebroke verhoudings Hul vriende gebruik dieselfde verskonings Tog vind hulle geen oplossings Die een druip sy jaar En die een […]