krag van ‘n gesig
“skoonheid lê in die oë van die waarnemer” of lê dit dalk in die oë van die bekykte gesigte word vertoon in die media om jou na webblaaie te lok waarheen jy ookal gaan word gesigte gebruik gesigte vir fantasieë gesigte trek aandag om geld te maak hoekom gesigte waaroor gaan die aandag gewoonlik word […]
VERLIEFDGEIT
VERLIEFDGEIT jy’s die sterre in my nag en my pêrelwit maan jy’s die klokkies in my lag en my blou oseaan jy’s my hart se klop-klop en die vlinders in my maag jy’s die muisneste in my kop die verliefdgeit wat my jaag jy’s die ritme in my dans en die wysie van my lied […]
Joyride na die hel
Dis die dwelms in jou are wat jou psigose aanjaag soos rotte in kop aan jou breinselle knaag Wat onskuldig begin het as ń lynsny met ń pêl het ontaard in ń monster op ń joyride na die hel Eers jou vrou en kind en later jou werk ook kwyt Die weelde in jou huis […]
Verlore liefde
Die stories trek Ben se aandag. Verbaas gaan sit hy. ’n Berig oor ’n model verskyn in ’n kits op die skerm. Haar skoonheid slaan sy asem weg. “Ek het vir jou gesê die vrou is gewild” roep Anne-Marie uit. “Ja, sus. Ek weet.” “Nou wat is die probleem?” “Sy het my jare terug verkul…” […]
Rubáiyát 1
my liefde skenk vir jou ‘n wens ‘n fluister uit my hartslens vloei douwoorde ‘n seën na holtes van my siel se spens wanneer kristaldruppels hoop verleen oor my dowwe spore reën en as vrede in my hart kom sing weet ek jy’s net vir my geleen elke keer as jou lag sonskyn bring en […]
Kaalvoet Kakie
Kaalvoet op die son se rug oor die savanna se duine jou kakies en die rooisand, jou skadu se lyne Winde kam die grasveld aai aldeur jou drome waar God se planne saamsmelt en jy elke korrel sand laat geld. © Carla Visser 01.02.2018
Beertjie sê Brr!
Ná sy middel-winter yskoue stort sê Beertjie Brrr! Vars & fris! Beer op! Beer aan! Beer voort! Boetie sê hy is ‘n vuurvegter ‘n brandweerman met sy geel en swart baadjie aan en sy helmet en flits. Sy manne staan vas teen die hitte en vlamme van die brand sterk en vreesloos. Klein Boetie is […]
seën op ‘n berg
vonkelende spruite weerkaats stad se ligte soos neon bliksemskigte oor nat gereënde ruite groen besoomde riviere lok wandelaars klater wat wonder oor water gevoed uit berg se kliere intense geluk wat uit hul oë straal vriendelikheid wat aansteeklik lag vervulling wat oor hul gesigte draal ©Teárlach
Kom straal vir my in die wind
in n gebed moet sy vra, Here luister ook na haar, sy weet nie waarnatoe die pad haar lei, verheug nie meer en is nie meer bly, verlore kind. kom straal vir my in die wind.. foute wil sy nie maak, verewig saam met U klink volmaak, haar siel bloos nie meer vir haar, trappe […]