Voete van klei
Voete van klei Heer vergewe my voete van klei hoe harder ek probeer hoe meer maak ek seer. So graag waag ek so dikwels faal ek vir God en medemens. Dit was nooit my hartewens! Voel ek ledig elke bitter beker in my hart is ek ontsteld, onseker kan God’s groot genade oorwin oor al […]
GEBEDE MET BEWENDE HANDE
Gebede Met Bewende Hande Dag na dag dink jy na oor jou lewe Jou diagnose? Parkinson se siekte Ek word gegroet met hande wat bewe Steeds by jy een van my beste vriende Na die aaklige nuus is my hart seer In stil tye gaan ek op my knieë Struikelend raak die tye al hoe […]
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]
KRINGLOOP
KRINGLOOP waar wortels in stof sou vorm stewig aan lewensbron gekoord voor woorde mensword kan belemmer veilig in genade watertrap en swem dan oop-oog beur na lig en lewe gryp na oorvloed rondom heen sonder perk baljaar in see en stroom sorgeloos deur die wêreld sweef maar as seisoene vir oulaas draai gedwonge terugbuig na […]
Ernest
Ernest Soms kom lewenslesse op snaakse maniere. Soms van iemand van wie jy dit nooit sou verwag nie. Soms kyk jy na mense en jy wens jy was soos hulle. Welvarend, suksesvol, goed geklee, oorgenoeg om te eet, goeie huis, goeie buurt. Blink motor.Miskien twee. Drie? Dalk ‘n huis by die see. ‘n Bosveldplaas. Of […]
Skenker
Skenker. Herman du Plessis Dis stil in die wagkamer. Die horlosie teen die muur wys dis tien oor drie. Ure het verby gegaan sedert hulle die tyding van die ongeluk die vorige aand gekry het. Dit voel asof die tyd vir hulle sedert die vorige aand gaan stilstaan het, maar in werklikheid het die wysers […]
Die ontmoeting
Die ontmoeting Mense wat hom nou op straat sien, sou nooit kon glo dat Salmon Verster ‘n raps meer as agt jaar gelede ‘n gesiene man was nie. Met ‘n Doktorsgraad in die Ekonomie het hy ‘n senior pos in ‘n gerekende maatskappy beklee. Sy huwelik was gelukkig. Sy kinders was goeie presteerders in goeie […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 19
HOOFSTUK 19 Die winter slaan vinnig toe op Bethlehem en is dit die oggend bitter koud toe Hans op sy fiets klim loko toe om die oorlaaitrein Modderpoort toe te gaan werk. Hy het maar dik aangetrek maar voel hy nog steeds die koue deur die handskoene sny soos hy deur die verlate strate ry. […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
Hoop na herstel
Hoop na herstel uitgeslinger en verbrysel het ek daar gelê geknak en verlam gekluister aan ‘n rolstoel maar toe genesende hande herstel en tot perfeksie pas elke bousteen vir ure weer tot volmaaktheid pak hoop en geloof vir maande as ek vandag die daeraad groet met tinteling waar doodsheid was speldeprikkels sagkens deur my onderlyf […]