Nageslagte. Nie vir my nie, dankie!
Dit is vir my nogal moeilik om oor “nageslagte” te skryf met die dat ek – om tegniese redes – nooit ‘n “nageslag” van my eie gaan hê nie. Die Liewe Vader het in Sy wysheid geweet ek is nie Pa-materiaal nie. Sien, ek het ‘n natuurlike vrees vir kinders. (Of is dit nou eintlik […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
As Duisternis na Lig verander
As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip. Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort. Die ster val uit my greep. Die are op […]
Sirene Roep
Net die heel oudste mense onthou. Alhoewel, selfs hulle wens dat dit net ‘n verhaal was. Hulle wat aan die oewer van die groot meer woon, weet almal dat hulle versigtig moet wees vir die water: onbewuste vissers verdrink, en kinders wat te ver inswem. Maar die ware afgryse is dié van jong mans wat […]
Gestroop (Silwer)
De moer in is maklik – die adrenalien is goed, maar dit word vinnig en seker uitgewerk tot net die seer brandend skeur deur my hart. Ek het gefaal en kan niks fix – was weer heel te lig, want jy kan nie, het nie, wil nie meer jou hart aan myne knoop. Jou woorde, […]
Oupa se borrelwind blaps
Rayne is ons kleindogter. Die klein japsnoet begin nou oulik woordjies vorm. Vergeefs of sy wil oupa sê. Ons probeer alles. Sy is soos ‘n steeks donkie. Roep die honde, jaag hulle uit, vra vir kos, alles behalwe oupa. Dit is ons naweek met kleinding en Ouma en Oupa besluit om die kleintjies na die […]
Op ‘n Wintersdag
Op ‘n wintersdag as die wolke grys en laag oor die bruin rivier se water hang, en die bloureier aan die oorkant paddas in die modder vang, vloei die reën se druppels ongevraag oor my wang, as dit oorloop uit my oog se opgaardam, en my hart loop draaie op die ver kuierpaaie van ‘n […]
As Die Wals Struikel
As die wals sou struikel in ons liefdesdans en ‘n hart roep uit vir ‘n laaste kans sou die musiek bly vloei tot ons die ritme vind as ons aanhou dans deur die hoop verblind? Of sou ons oor begin met ‘n nuwe lied in geloof dat dié note ons geluk sou bied? As die […]
My Hakkelvers
Ek hou van verse skryf wat rym. verse waar die ritme vloei, wat sin maak en die leser boei… Maar vanaand is daar ‘n hakkelvers hier in my siel, wat nie wil vloei nie en die rym makeer want die krake in my hart is baie seer, daar waar die liefde bloei, waar spatsels vreugde […]
Spinnekop kaskenades
Dut net in gistraand toe my foon bitterlik aan’t bewe gaan. Ek sit my foon altyd op vibreer deur die nag. Maar kyk, daai foon klink of hy kouekoors het. Ruk my aan my hare uit ‘n lekker diep droom uit. Dog eers dis ‘n nagmerrie, want die perd […]