Eerste lig
‘n Flouerige ligkol glim op die kamerdeur wat half oopstaan Die silhoeët van ‘n ou trui en ‘n drafhemp wat daaroor hang ets vaag bekende figure tot ‘n sprokiesland waar alles moontlik is Maar die nader-kruipende daglig maak die grootmens wakker onwillig maar meedoënloos Verdring die kind in my en die wonderland verflou Kan ek […]
Breiers Bpk
Ná die Staaldraad-fiasko, en die gekweste Bok-gees Enter Jake die toneel, ‘n man sonder vrees Met visie en styl transformeer hy die kamp Oor politieke inmenging wel koppe gestamp ‘n Knap mensbestuurder, die man vir die uur T’was voordat ambisie sy reputasie versuur Hoewel ook maar skuldig aan die stampkar geploeter Wag William Webb Ellis […]
Moenie huil nie
Moenie huil nie my kind want nou is ek vry van hierdie aardse bande en pyn maar glimlag eerder omdat ek gelewe het moenie huil nie my kind my lewe was elke liewe oomblik vol gevul met liefde, vriende en ’n geliefde se aanraking kosbare herinneringe wat my hart verbly moenie huil nie my kind […]
Ope geheim
Hoe wonderbaar is tog die reis van aardse sielsgenote Hoe bittersoet die liefdespys so terminaal gegote Hoe min sal saam te sterwe kom die dood sal een afskei die ander leer die somber som daar’s een wat agterbly Die bittereinder se verhaal geskryf meer as gelees is eintlik maar so doodnormaal kan tog nie anders […]
Klip-kan-lewe
Jou geoefende oog sien dit moeiteloos gou die gapings wat pelgrims van die glorie weerhou Jy faal nie om stywe standaarde te stel nie skroom nie om jou vinger te lê waar dit kwel nie Geen sterfling sal dink jy’s nie méér as opreg nie om die ewige vrae hier en nou te besleg nie […]
Vriendskap
Kom kuier vir my, dan skink ons ‘n glasie chardonnay tussen jou en my – ons vergeet die verlede en fokus net op die hede. Ek verlang na ons koffiekuiers by die Mall ons sorglose tye van koukus en klets oor wêreldsake en lewensprobleme die deel van talle hartsgeheime. Ek mis ons uitspantye by Buffelspoort […]
tiende maand (BRONS)
Pastiche van “OKTOBERMAAND” van C Louis Leipoldt (1880-1947) tiende maand jakarandas dans op maat van die wind geklee in purper pers en pruim jakarandas waai hulle arms fleurig fraai vrolik vry in volmaakte val Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! giggelgeel glimlag strale blink as hul die maanlig saans bekoor die hemel […]
Dit is mos nog die mooiste maand: Oktober? (BRONS)
Dit is mos nog die mooiste maand: Oktober? Ek sit en lees deur ʼn digbundel en kom op C Louis Leipoldt se gedig “Oktobermaand” af: “Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, En orals, ai, so mooi!” 2020: oorsig oor ’n annus horribilis. Jou eerste gedagte is sekerlik: […]