Die val
twee Afrika digters in vlug kopervlerke na son gerig offerings van liefde en drome vol orgies wat bloei vanuit die mond, konverseer hul soos twee aurora’s suid en noord innig stil, fossiele hang aan ‘n muur saam woorde wat uit mufklanke swets alles op die punt van ‘n spie- uit spoeg! in ‘n wroegende vlug […]
Winterhart
Winterhart as winter in jou hart kom lê koue jou emosies omklem jou laaste bietjie wil gevries die een voet voor die ander iewers in die lug bly hang hoop in die mistigheid kwyn swaar van elke opstaan jou knieë wil bly knak krag vir veg jou ontwyk jou moeë gees bly wankel worstelvrae jou […]
Onskuldige Grote
Woordtelling: 373 Woorde en boeke is die grootste liefdes in my lewe. Daar is altyd geld vir boeke. So loop ek eendag in ‘n bekende boekwinkel en kyk wat is op hulle rakke. Sodra n boek my aandag trek bekyk ek hom en lees stukkies daarvan. Ek lees: 1“Jesus, min my, tel my op, maal […]
Die ergste
Woordtelling: 310 Ink Skryf Afrikaans loods eendag n skryfuitdaging oor gesegdes. Geïnspireerd grawe ek alle aanhalingsboeke waarop ek my hande kan lê uit. Getrou lees ek elke gesegde en spreekwoord. Sommige is baie snaaks, ander is werklike lewenswaarhede. Toe loop ek die ergste raak wat ek nog ooit gesien, gelees of gehoor het. Die * […]
Is iets beter as niks?
“Die hoender!” “Issie dissie eier!” hoor ek hoe die kinders buite stry. Dis die eeue oue argument wat volgens my net een antwoord het. Die hoender, want God het die diere gemaak, daarna het die hoender eiers gelê. Dit laat my dink aan die bekende Afrikaanse gesegde: “n Halwe eier is beter as n leë […]
balle en riete
– vrolike frederik is glad nie lelik sy hart so teer so is hy geleer – sanna het alles van blos tot kes bulte waar dit hoort duike van haar soort – pietie en hannie wat nie sê kannie albei blosend mooi rose bloeisel rooi – sanna het frederik met liefde verstik verdrink verdriet met […]
Skryf
Reeds uit die wiegie van my kleintyd gooi ek wonderwoorde wyd my paaie dwaal verby seerkry se afsnypunt tot in ‘n leë siel se desperate smagting waarin ek met vreugde die *voertaal van my erfmaking met kwatryn en rymwoorde tot volheid laat blom. *Bronteks: met apologie aan © Ink Moderator
Weermag
Ek kan my nie teen jou * linies plak die sein en klank is te swak my weermag is nou op bystand met idioom, gesegde en vergelyking om te skryf met krag en mag dat velde vol woorde blom en só in elke leser tot gestalte kom. Dalk kan ek dan *onbedaard lewe laat vloei […]
dodder
– lieplapper boskapper saag gulsig aan die mooi hout laat die jonger stamme staan om vermorsel te word deur swaar vallende stamme – so loop die lewe van ‘n man sonder plan gee nie om oor en op hoeveel ander hy trap om bo te kom verwoeste lewes lê agter – hierdie lewensvorm versmoor alles […]