Lewegewende lente
Die wind kry nuwe asem, waai koel oor die sagte groen blare. Die koue donker van elke wese voel ‘n herlewing, en kan weer leef! Lente het die mooiste kleure, helder kleure wat met ‘n natuur’kwas die allermooiste blommeprag skilder. Alles word weer gesuiwer en vernuwe, vrugtebome sal weer vrugte dra. Jy kan jouself voorstel, […]
lente
kleurvolle lente rooigeel blomme in oorvloed pers geur my vrolik wit weerspieël my trane in verliefdheid en vreugde *Let wel dit is ‘n tanka gedig en die foto is my eie foto (kopiereg)
Bloeiselblom
as ek kan uitstaan in maanlig aand met fluweel sagrooi wat drup uit my hart ‘n liefdeslewe ek en jy wat op wolke kan sweef ver weg van die seerkry aan gisters wil ek nie meer want vorentoe is daar ‘n lewe my bloeiselblom in maanskyn lig deel met my die pretwees van ons bestaan […]
winter se verlies (SILVER)
(ʼn Triolet) winter se verlies as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen het waardering vir lewe nuwe betekenis gekry die verskeie verliese van lewens: ʼn virus se toedoen as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen waar ons, ons vele vrae en vrese moes versoen het ons die uitreiking beleef aan die wat ly as ek […]
lente beloftes (SILVER)
lente beloftes die uitsig van lente is asemrowend met aanbreek van die nuwe seisoen lyk belofte van lewe weer belowend as fauna en flora aan praal meedoen met die jaar se lang koue wintergroet wil ek lente met sy bloeisels verwelkom die lug is deurtrek met aroma geurig soet voor die skoonheid staan ek verstom […]
Skeertyd in Namakwaland, Derik en die windhonde
Oom Piet is ‘n groot man, wanneer jy voor hom staan kan jy nie sien waar sy kop eindig en sy nek begin nie. So vra hy vir my om vir hom ekstra sonkragpanele op sy plaas in Namakwaland te verskaf, nie te installeer nie, want sy seun Derik gaan ‘n raam bou wat in […]
Veldiep tot sieldiep
maar jy sien net die flees wat hang aan my been struktuur die keuses, gene en toeval wat my verf en omhul soos ‘n boekband jy kyk teen my oppervlak vas en ek wonder of jy ooit eendag werklik my sal ken en sal sien vir wie ek is in plaas van die idee wat […]
My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]