Drome oor jou
drome oor jou groet my in plaas van jou, hulle is vriendelik en druk my hart met kosbare liefde kosbare liefde is dit jou siel wat kom kuier by my in die stille sterre nag, is dit ons harte wat steeds in geheim saam wandel vriende wentel soms uitmekaar, sielsmaats bly in mekaar se wentelbaan, […]
Wit liefdes wolk
ons skarrel in ‘n bootjie elkeen op sy eie foontjie aan stukkies is ons aanmekaar geheg deur netwerke heen en weer gevleg vang ons die liefde vas en sweef op wit liefdes wolkies gepas reënboogmooi in elkeen se lewe skyn die son sonder om te bewe kies jy jou eie rigting in die wind vir […]
‘n Nuwe lewe blom
In ‘n verlate bos eggo vergeefs, verlore die winter se skrille gille weer en weer en weer Die geur en aroma van lente word winter van sy vaal kombers gestroop wanneer hy afgeëts teen rooibalgloed oor die horison verdwyn Die strelende, helende warm strale van die son in sy oggendsongroet en die heerlike lente net […]
Dagdroom sindroom
ek wil praat maar my mond voel swaar en woorde te lig om uit te dra vir die wind wat als weg waai stilte klou aan my stembande, soos klitsgras aan ‘n wolkombers snoesig en warm is die stilte, maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel oor iets wat ek self nie verstaan rustigheid […]
Grond
het jy jouself verloor deur die wind, water en wrywing is dit wie jy roulik is versteek met spogtige leuens ken jy nog jou waarde onthou jy wie jy is, wie jy was jy is nie diamant, goud of platinum nie jy is net grond, net die kosbaarste skepping wat bestaan binne jou word skatte […]
Roulik genoeg
soet sappige leuens van heuning woorde en verklapte vals geheime, wie is jy ooit? weet jy ooit? jy is verblind deur skitterende nutteloosheid al wat jy benut is die tydelike stukkie geluk wat jou leë seer siel vas plak vir ‘n ruk hoekom kruip jy weg, jy steek jou kosbare hart weg jy is bang, […]
droom… (Silwer) 326 woorde
‘n Mens is nooit te oud om te leer nie. Op geen ander plek op aarde verstaan jy dit beter as in die ronding van ‘n plomp kinderarmpie om jou nek nie. Wat sy vir my wou sê, was baie belangrik en die oogkontak was nie na wense nie. Wanneer die ogies met groot erns […]
Berge-kind
Ek is ‘n berge-kind want dis waar ek rus vir my siel vind net om weg te kom van die gejaagde lewe gee my soveel plesier en vrede. Ek sal vir ure op ‘n rots in die son sit en grashalms pluk om aan te kou terwyl ek die werk van God se hande aanskou. […]
(‘n Cinquain) SILVER
(‘n Cinquain) peerboom rein wit bloeisels dans ingeryg op tak vredig vervuld en gelukkig peersoort ©Marlene Erasmus 09/09/2021
Vir ‘n kort rukkie
vir n kort rukkie het ek jou ook lief gehad het vlinders ook in my maag rond geswerf wanneer jy in my oë kon kyk en jouself daarin kon lees net vir n kort rukkie was jy my hele bestaan was naggeluide die musiek in my ore wanneer ek jou stem saggies hoor en jou […]