kleurvolle pes
– uil se mis hang wit strepe oor my kar se ruit soos pes uit die nag uit pes vervang wag dit daar as bewys – heimwee-loos klink uil se roep as waarskuwing vir al wat rot wat pes dra vergaar vrot – ©Teárlach
Koedoe
Ek weet nie wat het gebeur nie. Die een oomblik was ek nog regop; die volgende oomblik staan ek hande viervoet op die vlymskerp rotse. My hande pyn. My knieë pyn. Ek probeer myself orent stoot, maar ek het net nie genoeg krag nie. “Wat maak jy?” Die onverwagse stem hier agter my laat ‘n […]
Karoo verlange (Goud)
ek wil in eenvoud lewe ek wil terug na die Karoo daar waar die son oor vriespunt opkom en die velde ook nog glo ek wil my kommer neerlê en op ‘n klipkoppie gaan sit waar die koggelmanders en akkedisse nog saam in sonsit bid ek wil weer stewig vashou aan my God se regterhand […]
Sonskyn en reën …
God het jou na my gestuur om my hart oop te sluit toe ek bang was vir die donker en weg wou kruip jy het gekom en my bevry teen al die donker storms waarteen ek baklei. Daar is altyd ‘n helder lig in die donker tonnel wat ons pad verlig ons moet net hoop, […]
Kleingelowig
(Snelsonnet) As donker wolke hier om ons vergaar en beloftes van reën saam met hul bring hoe kan twyfel ons geloof so verdring as ons beloftes van hoop so aanstaar hoe kleingelowig is ons partymaal as twyfel en wroeging in ons rondmaal. © Taai Bonthuys
Winter van my lewe (Brons)
Winter van my lewe jy was altyd daar net daar, sonder vrae hoekom en waarom, net stil my hand gehou ek kon net wees geen verduideliking jy het altyd verstaan geen veroordeling die trane oor my wang saggies met jou sakdoek gevee my teer op die voorkop gesoen verseker dat alles reg sal uitdraai die […]
beloftes van veldblomme
uitgeput is die winter en die moegheid van grys en die verleptheid van velde behou die veldblomme ‘n belofte soos die wind verse is die sneeu ‘n voorgang die reën ‘n refrein is so is die blomknoppe die brug en so vorm die fleurson ‘n lied waar die aroma vrolik speel neurie die veldblomme die […]
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]