Augustus 2021 – As die blare val projek UITSLAE EN KOMMENTAAR
Baie geluk aan hierdie 10 Lede!!! WENNERS: GEDIGTE: GOUD: 1ste: No 17 Andries Fourie met Herfsgeid 2de: No 8 Caren Kearley met Soos’n blaar wat val 3de: No 7 Anzè Bezuidenhout met Berke-polka SILWER: 1ste: No 20 Driekie Grobler met Met laaste groet … 2de: No 9 Morne du Preez met ‘n Dag vir droom […]
In ‘n nuwe huis (SILWER)
In ‘n nuwe huis (met ‘n glasruitstort) Dis suiwer seën soos die stort al my stofstrepe en sukkelswaardra wegspoel. Die druppels reën en dit word genadegrepe sonder dat ek vra, en voel net soos reën wat dor aarde seën. ©ASvdMerwe
Spraak(silwer)
As ‘n afdruk van rouheid pers uit die lippe soos weerspraakte woord of geswetse oomblike aanspraak maak oor ons tafels mag die genot van hul lewe, jou bevry O’ mede lanterfanter mag hulle jou inkleur soos modepoppies vir die verhoog eggo’s van jou karakter in galerye vertoon soos Van Gogh en Rembrandt mag die afvuur […]
Vlerksang(silwer)
Bo die goueprieel het sy haar vlerksang gespeel, van brandende krete wat skor aan die vergete boorde van haar lyf. ©Morné du Preez
‘n konkavuur vir eendag Silwer
ek blik vir jou ‘n konkavuur om jou hart snags knus te hou, die plekkie waar my beeld eens was in gisters toe te vou want gister was ‘n kabbelstroom waarin die somerson kon baai en liefde sonder ophou aan die maan kon skoppelmaai ek sou so graag jou hand wou neem net een keer […]
Te
Alles wat met “te” begin is sonde, behalwe “te voet” en “te perd” – of so het ek gehoor. Te veel van enigiets, selfs die goeie goed, is selde gesond en die beste is maar om matigheid voor oë te hou. Dit geld toe ook sommer vir positiwiteit. ’n Mens kan rêrig te positief wees, […]
Moederaarde se noodkreet …
As ek rommel op die grond sien lê is daar só baie wat ek wil sê waarom moet mense rommel rond gooi moederaarde besoedel, met rommel bestrooi? Diere en mense is besig om siek te word die mens is besig om sy eie lewe te verkort dit is die rede waarom asblikke daar is maar […]
Somerbelofte Silwer
ek sien die spookasemgeur van perskepuntjies hulle koppies opdraai in volle blom, voel die warm sang van nuwe vrug wat die somerson verwelkom fynvlerk bloeiknop ballerinas baljaar in die wind ek hoor die witvlekvlerkies van ‘n blommekind, ek ruik die roesbruin kleur van ou kromhout proe die heuning in kleure van geel en goud ‘n […]
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
Jimmy se kafee (Goud)
by ‘n tafeltjie vir twee by Jimmy se kafee sit ek in solo met my koffie in die son ek dink aan hierdie dag aan gesprekke wat nog wag die lewe en sy goed die mens en sy gemoed die hymerings en mymerings en alles wat verbrand tot rook en roet ek dink aan wat […]