Koningsprotea (Protea cynaroides)
Ikoniese figuur ons Nasionale blom – die Koningsprotea ikonies van Suid-Afrika Koningsprotea (Protea cynaroides) Fynbos en kronkelpaaie Vlaktes nasionaal diep oopgetrap Jou suikerbos so sensueel begeerlik Meeldrade poeierwit soos Chantilly kant veelvormig in kelke, ‘n liefdespienk Die Suidooster nader onheilspellend Soos Proteus ‘n metamorfose Herder van antieke geheime. © L Barnard
geil groen
– die duine word nou regtig groen gereelde reëndruppels het dit gedoen alles in en om my word stil van dankbaarheid voëls kwetter en leef hul bestemde vrolikheid die see se golwe dreun en raas, skep ruimte vir nuwe lewe op wit strande van die kaap alles is so mooi en rein dat mens wil […]
Die vere maak nie die voël
Die vere maak nie die voël Pa was ʼn pastoor, ek ʼn middelkind en die enigste dogter. Pa het ʼn huisstem gehad maar wanneer hy Sondae op die preekstoel klim sou hy die Huilige Geus aanroep en elke sin met ʼn uitroepteken eindig. Sy hel en bliksemstraal preke het elke hoekie van die kerkgebou gevul […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 24
Hoofstuk 24 – Die Laaste Vergifnis Mauritz staan vasgenael agter die kantgordyn, ‘daar is lig in haar huis’, en hy bid hardop, ‘Here laat dit sy wees asseblief’, hy hardloop die berghang af, en wanneer hy die stoeptrappe opspring voel hy haar teenwoordigheid aan. Hy draai om, kyk na die opening tussen die bome, en […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 23
Hoofstuk 23 – Die gevoel van ‘Behoort’ Die pad na die seders begin wanneer sy en Cordier op John F. Kennedy Internasionale Lughawe deurstap vir hulle aansluitingsvlug na die Rogue Valley International-Medford Lughawe, wat naby die Rehabilitasie Sentrum geleë is. Geen kommer meer oor haarself of Cordier met die ingaan in enige land nie, sy […]
Kronkelpaaie …
Ek wens jy kan vir altyd klein bly sodat wanneer jy seerkry ek jou styf in my arms kan vashou en verseker dat ek altyd daar sal wees vir jou. Belowe my dat jy altyd sal probeer maak nie saak hoe moeilik of seer onthou die lewe gaan altyd vol kronkelpaaie wees so moenie die […]
verwerkliking
– die see en alles wat daarin is die land en alles wat daarop lewe mense en alle soorte wat kan glo alles en almal is deel daarvan die skepping van ons Vader – ©Teãrlach
Spore
Duisternis verbreek begin van nalatingskap aarde in wentelbaan gerig alles hier ‘n nalatingspoor Ruimte gevul met sterrespoor versteende stomp en dinosourus in klipfossiel vasgespoor berg en dal, vulkaan en gletser in die spoor Lewensspore versamel vanaf eerste treë lewensvaart se spore agtergelaat wêreld ken jou wel en weë in spore gelaat verhaal van al jou […]
Winter Bad
stoom rys lui na dak water balsem seer spannings punte eelte verkreukel in badwater vergete persone kom sit op die rant gesels deurdie mis oor hul geheime en word stil in dakdruppels onder die waterkombers span ek my seile vaar deur storm glowe na nuwe strande tot ń koue druppel my dak tref
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 22
Hoofstuk 22 – Hoe diep die vreugde Hulle ry na ʼn laaste oggend koffie saam met haar mense by die kombuistafel. Die aanvaarding is in almal, Zuluika het nou ʼn ander pad om te loop, ʼn ander geluk om te gaan vind, en hulle is bly vir haar en Cordier. Lize wag vir hulle by […]