Lewe Getye
water getye woed na ń breek punt op harde rots in ń wit spoegende was buig en bars stamp staal rue uit op maatskappy rostrums ingebind as verroeste draad getye spoel as briesende energie versmelt dan eenvoudig stol en sak weg
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Operasie Kaktus
Hannes van Wyk trek sy asem op as hy voor die groot plaashuis stop. Die donkerrooi mure en donkergrys dak maak ‘n indrukwekkende prentjie teen die groen grasbekte tuin rondom. Op die stoep staan verskeie ou ploegskare en ander plaasvoorwerpe. Alhoewel dit lyk of dit byna argeloos daar neergesit is, weet hy met ‘n absolute […]
Domine Quo Vadis?
Deurdagte huppelstap om en oor beproewingsvoor met mirresalf vir skaafplekke ingrypend in my siel net soos U wil geskied eerstehands van U troon Quichekors vol genade uiter ‘n pelgrimslied in my siel op berge en in dale Verken dan my soeke as ek op U sal wag deurdrenk die dorsland van my hart in die […]
gaan dan heen
– heen en weer sweef hulle van hierdie baai na daardie baai spierwit vlerke gespan in die wind telkens swiep hul neer om slak op te pik en dit weer hoog te laat val op die strand so is die lewe van ‘n seemeeu elke dag een van heen gaan van kant tot kant om […]
gisters
– kermend kreunend sleur die koue windjie deur dorre duine en fynbos elke takkie maak musiek – vieserig skud sy haar kop en blaas stoom in die lug op opgestaan uit warm lêplekkie bekyk sy die duine om haar – vroetel-stappie vir stappie kom skilpad in pad af gesluip sy rigting soms maar onseker sy […]
Ridderwording
Met die omhelsing by die ridderslag, was dit ‘n mooi dag met geen menasie op land nie want ons geloof geanker in God was op hoop dat alles goed sou afloop. © Zmj Kochk