Jongste aktiwiteit:

Junie(Bladsy 7)

– wie op wysheid se rusbank leef leef in weelde – vanoggend is die see ‘n spieël van hier op strand tot die anderkant van da gama se monument tot piketberg elke detail uitgespel in gladde waterverf slegs hier en daar is daar ‘n vermoede van ‘n windjie wat net wil opsteek effense rimpeling oor […]

torings steek in elke dorp se hart daar is die met prestige ander met horlosies wat nie werk almal het vere huurders met mis in hul midde torings sein ou boodskappe ontvang nuwe antwoorde via hoë tegnologie ontvangers deur self aangestelde profete aan gelowige aanhangers torings staan sandsteen skurf gewigtig swaar as kern van eeue […]

– proe aan die lewe terwyl die son nog skyn luister na die branders terwyl jy nog kan hoor – gaan haal die môrester terwyl jy nog moed het luister na die voëltjies se musiek in jou ore – stap nou jou stappie terwyl jou knieë buig luister na haar stem terwyl sy nog lewe […]

in vroeë stryd strek spiere in die lyf, manne plesier die prys warm bloed spoel dan skoon die lyf, ego alleen die prys vel sweet trek styf om die lyf, suur kristale die prys baklei plesier grendel die gestel, koeëlvastebaadjies die prys

Oorlewing Kruipende koue teen my rug hitte-loos alleen murglose binne gevries, ruggraatlose skelm skimme. Gedroogde ys murgbene flenters gestampte skene slenterstukkies speel met hartpsige konflik. Geraamtes wyd gesaai, innerlike boei Houdini van haat se werklikheid denke en psige se vryheid. Siellose maatbeker, vol verraad, vernietig soos ‘n vis se luglose asemsnak vlugtend op damwal. ©️ […]

– uitgeput buk hy en skep ‘n handvol water uit die koel water stroom langs hom gaan lê een op sy maag en drink – so eenvoudig is dit een skep met sy hand die ander drink gulsig met sy volle mond net een aanvaar – opregtheid is raar sin vir dringendheid nog skaarser in […]

As my skrywe se ink opdroog maar denke nie rus wil kry word ‘n warrelwind gemoed net verder gevoed ‘n wete van onvolmaaktheid geweeg en te lig gevind en verder gekortwiek deur twyfel wat groei eie selfbeeld wat bloei en ek ‘n groot gek deur eie ek geleef en te lig gevind.

Beste INKers Hierdie maand het ek begin gebruik maak van nuwe sagteware ware spraak na teks oorsit wat in ontwikkeling is. Daar mag dalk klein spelfoute, geen punktuasie en soortgelyke foute in die kommentaar opduik. Ek vra julle geduld met hierdie proses. Soos die ontwikkeling verprefek word sal sulke foute minder en minder wees in […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed