Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Hier is huis
Hier is huis (Brons) waar my bed is en my vrou daar is huis, het jy altyd gesê nou’s ons bed nog hier en ek maar sonder jou tog is dit nog huis voel ek hier tuis tussen ons storiegoed tot ons weer ontmoet by die hemeltroon wil ek hier woon met ons bed en […]
Sprookje
Sprookjé (Brons) Op die deur groet “Sprookje” my soos jare terug by pa se huis die reuk van kos nooi my binne die tafel is gedek met sagte linne ek steek ‘n kersie aan vir jou skink ‘n wyntjie vir die kou pa se klok tik rustig voort plaasgeluide kom uit elke oord die mure […]
PENDELAARSTUISKOMS
PENDELAARSTUISKOMS Jy was nog altyd ’n asem in ons spasie – ons veilige nes, jou halfwegstasie. Ons harte aan flarde toe die tyd aanbreek en jy jou moes oorgee aan desperate frustrasie. Jou siel talm Suid, jou lyf drentel Noord; droewig, ver weg, ploeter jy voort, want jy moes bloot aanbeweeg om na jouself te […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 21
Poort van die heuning bye(H21) Emily maak haar wit kant sambreel oop, sy hou dit omhoog die kontras van die netjies geklede dame en die wit sambreel in die fyn geweefde” bruid kant” teenoor die verhongerte vrouens in swart geklee maak ’n makabere indruk op die geoefende oog. “Juffrou Emily” “Martie geen Juffrou nie gewoonweg […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 20
Poort van die heuning bye(H20) Martie maak die poeierdoos oop, dit was ʼn huwelike geskenk van Herklaas vir die herdenking van hulle eerste huweliksjaar. Geen poeier is meer in die doos nie maar in die spieëltjie sien sy die aftakeling van haarself . Sy skrik vir die vreemde maer gesig die terug staar na haar. […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 19
19 Poort van die Heuningbye (H19) Dit is namiddag as hulle eindelik die Konsentrasie Kamp agter die draad bereik buite Bloemfontein. Martie sien die kakie kleurige tente staan op die dorre kaal vlaktes, geen boom in sig nie, die tent kleur verskaf die vaal groen kleur aan die omgewing. Haar voete is vol blase , […]
Die lewe is ‘n aangaanding (Goud)
die lewe is ‘n aangaanding in ‘n waansinwaas gebore wat in sy strompel deur die jare elke dag moes nuutbreek en uit ‘n rooi geriemde afdraaison ‘n nietnag af moes wring die lewe is ‘n aangaanding in hoopsels vasgevang van huiwers teen die ure en wagtings op die wind vir lig of donker dinge om […]
Jy is my alles
My geliefde, waar sal ek begin jy is my siel se slanke vorstin die enorme vrou van al my drome die formidabel bron van liefde dit is hoe ek oor jou binne voel tot die jare oor ons lewens kom spoel. ©Z.Kochk
Die rooi stoep (Goud)
die rooi stoep lê in my ge-anker en gehoek vasgeberg oor jare uit die resesse van my togte verskyn hy weer en weer as ‘n uitsig en ‘n uitgang onder meer ek sien die appelkoosboom en ek sien oom Jan se huis die druiweboord, die droë tuin die windpompe wat draai die oor-die-dak begrafnisboom en […]