Duin-óp (silwer)
augustuswinde het die sand van die half-weggedra-de duin weer op my huis se stoep kom waai dag vir dag sal ek volhard en vas bly glo emmer-vir-emmer ís genoeg al moet ek dan daarmee trappies bou tot bó ©️Elize Kruger 3 Augustus 2022 www.avbobpoetry.co.za/Poem/View?PoemID=171738
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 18
Poort van die heuning bye(H18) Dit is namiddag as hulle eindelik die Konsentrasie Kamp agter die draad bereik buite Bloemfontein. Martie sien die kakie kleurige tente staan op die dorre kaal vlaktes, geen boom in sig nie die tent kleur verskaf die vaal groen kleur aan die aard bodem. Haar voete is vol blase en […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 17
Poort van die heuning bye (17) Oom Jan Cilliers, is oud maar hy was op sy dae ʼn sterk man, hy hardloop met al die krag waaroor sy liggaam beskik na vore en ruk die perd van die Offisier in beheer tot stilstand. Die Engelsman, onbewus van die gebeure agter hom met die wa, gryp […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 16
Poort van die heuning bye(H16) “Gideon gaan haal Moses by sy huis en bring hom hierheen” “Waarom Ma?”… “ Sy broer en sy oorlede Vader het al hulle beeste hier kom koop, en Moses se broer wou ’n eie besigheid begin en jou Pa het hom die geld voor geskiet. Hy betaal dit steeds af, […]
wortels (brons)
wortels toe belofte blou in die weste bou en ons vog in die wind kon ruik het hy my hande vasgevat en sag vir my gesê dat sy wortels hier diep lê daar was hoop in sy oë toe hy vra of ons kan bly op die wit kalkplato waar die grondpad suidoos draai ver […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 15
Poort van die heuning bye(H15) Martie Van Rhyn staat op die voorstoep, starende na die plat Vrystaatse vlakte, hier en daar is ʼn groen boom te sien, Sy is reeds 28 jaar getroud met Herklaas Van Rhyn, ʼn skatryk boer, self het hy nie die rykdom versamel nie, maar geërf van sy Vader. Op die […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 14
Poort van die heuning bye (H14) Lenie kom die kombuis binne, sy sien daar moeg uit, die nag sonder slaap en die bekommernis oor Paul se wond het sy eise gestel. “Tilda gee my alleenlik ʼn, koppie koffie en ʼn paar beskuite ek moet iets in my maag kry”. “Hoe is dit nou met Paul?” […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 13
Poort van die heuning bye(H13) Tilda het laat namiddag terug gekeer vanaf die Sendingstasie en die donkies afgelaai met die huishoudelike benodighede,aan Oom Kobus en haar Moeder het sy geen woord gerep oor die afskeid van Brain nie. Almal was erg moeg van die dag se werksaamheid. Oom Kobus was na die groot huis om […]
Julie 2022 Kommentaar en uitslae – Wat skryf ek projek
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Lees die wen inskrywings hier: Projekwenners DIGTERS GOUD NO 7 Anzé Bezuidenhout met Die Lente kom NO 8 Anzé Bezuidenhout met Misterieuse NO 16 Caren Kearley met vergeef om te vergeet SILWER NO 26 Amanda De Meillon met Uit die as NO 27 Elmarie Nienaber Van Kampen met die […]
Klip hart sag
Onder venynige woestyn warm son klim hy met vasberade selfversekerde tree die rots skanse van die berg van God Om daar op die kruin met die Wolk te praat met geoefende hammer slae en geslypte beitel kerf hy die instruksies in die klip tablette Maar die mensdom aanbid sekerheid meer as gewillig om duur te […]