Woordstring
Met die vaste geloof van God wil ek ons liefde string woorde inryg na jou hart my alfabet laat soetklink met verse vatbaar vir indruk. © Zebulon Kochk #zebbiekaans
Storm
Uit ‘n grou stratuswolk aan my hemel se blou giet ‘n potgooi herinnerings aan my en jou nêrens ‘n skuilplek waarheen ek kon vlug toe dit voel ek verdrink in die reën van onthou ©️Elize Kruger 23 Julie 2022
hemelblom (silwer)
uit blomsaad ontkiem sy o so lenteskoondiep somerskitterlag waar vreugare wortelskiet kroonblomgesig tot blaarvalseisoen maar papierdroogblom toe swartryp oë sterverskiet Elizabeth
‘n seeskulpverhaal (silwer)
o kyk die grote waters die skone winterwind het ‘n blouoogseekind gevind in seeskulpfraai kombers toegedraai koudskelet ‘n (ver)leëweeskind
Songroet (Goud)
daar is soveel mooi in jou koebaai met jou terugkeer net hier om die draai en dis die kleure van jou nagsêblos wat in die stories van my slaap kom blaai Andries Fourie (Seirdna) 12.07.2022
Laaste asem (Goud)
dieselfde mond wat skertsend smaal oor dood of druppend hoop op nog ‘n stukkie brood sal hortend-hygend hangend op ‘n tyd ‘n laaste asem oor droë lippe stoot Andries Fourie (Seirdna) 13.07.2022
Droombeeld
Ek mymer oor jou waar jou rok sleep in stof talryk soos seesand jy kan niks sien nie maar toe ek wakker word laat ek jou lewe in die goudpleetblare van herfs met my seisoengerigte gedigte. © Zebulon Kochk
NEE! vir ʼn nuwe naam.
NEE! vir ʼn nuwe naam. Nathi Mthethwa kom toe mos op 10 Maart 2022 met sy briljante idee vorendag: die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se naam moet verander word: ononderhandelbaar! So reken meneer Mthethwa dat die Afrikaanse Taalmonument “ ’n groot deel van die Paarl, waar die monument en museum geleë is, en omliggende gebiede […]
VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde