Binnelandskap
Binnelandskap Dis 11 Junie 2022 die plaaswerf is spierwit vanoggend en ek dink by myself, neewat die seisoene is nog mooi in plek al is aardverwarming op almal se lippe en op hierdie koue wintersdag moet ek groet, ons geliefde grond hier waar my wederhelf se spore lê hier waar ek geborge voel nooit sou […]
Plotseling
Gradering: Silwer Woordtelling: 342 Brenda swerf maar so bolangs oor die lewe. Sy het geen doel of missie om iets te bereik nie. Dominee het gesê in die Bybel staan “Alle vlees is gras.” Nou sien sy nie hoekom sy moeite moet doen om te lewe nie. Vir wat sal sy haar nou afsloof en […]
Beton Mens
een loop soek na ontwikkeling waar fondasies wankel met nuwe tegnologie in hol pype ander bly in gister sekerheid fondasie grys stabiel spanning binne wetenskaplik geskaal baie set as sagte papies wat ontvou as vlinders soekend na ń ander strukture vele stol droog kliphard in eie fondasies sekuur gelê as steunpillare in fondasie slote horisontaal […]
Winter van 1843.
Winter van 1843. Aan die voet van die Drakensberg is die opstal van Hendrik en Martha de Beer. Dit is die jaar 1843 en winter het sy vere reggeskuif en in volle glorie neergedaal op die vaal vlaktes. Hendrik se plaas het in die kromming van die berge gelê in, daar waar die berg ʼn […]
Fees van die verslaafdes Silwer
aasvoëls saamgedrom om ‘n winterkonka in die vuur tuur bloedbelope oë wraaklus, wreedheid, waansin, wellus monsters van die dwelmkult sleepvoet sluipend donkernag soekend na duiwelsplesier en in die ryptrap van ‘n winterlandskap lê ‘n bloedspoor… huil die nanagwind terwyl ‘n aasvoël sy prooi verslind
Olimpiese winterspele se beginjare.
Olimpiese winterspele se beginjare. Een van die heel bekendste sportgebeure in die wêreld, het vir die heel eerste keer plaasgevind in ou antieke Griekeland. Griekeland het tussen 700vC en 1000vC verskillende provinsies gevestig, elk met eie regering en wette. Die atlete van die onderskeie state het teen mekaar meegeding in kompetisies. Sport het ʼn baie […]
*Winterwoorde (Silwer)
Wanneer my heimweehart in die ryptrap van ‘n winterlandskap neffens jou kanniedood-liefde verslaap, tref-trap dankgedagtes gou, euforiesie spore van onthou, wat ramifiseer in die drasland van lojaliteit waarin jou liefde toegewyd onkreukbaar en immergroen oor ons eenheid troon; rotsvas geanker – deur dik en dun ewig getrou. *Akroniem
Winter in my gemoed.
Winter in my gemoed. Met die winter wat nadersluip het ons aanstons kouer temperature op hande. Alhoewel daar baie mense is wat floreer in die winter, is winter ook die seisoen vir skete. Gou-gou kom die son soggens later op en sak ook al hoe vroeër saans. Die temperature daal en die aande raak heelwat […]
‘n Koue gebed
Ek het my hande weer teenmekaar gevryf en warmte binne-in probeer blaas, maar dit was nutteloos teen die ysige wind wat deur been en siel gesny het. Ek het my een hand weer in my jas se hand gedruk, wat klein bietjie gehelp het, en met die ander hand die leisels weer vasgehou. Die hings […]
MOSTERT SE MEULE
MOSTERT SE MEULE In die Jaar 1796 is die Rhodes-gedenkteken opgerig die Unieke kenmerk in Kaapstad die ou historiese Mostert se Meule Op 18 April 2021 het die ou Mostert se Meule afgebrand bergbrande agter die Universiteit spook ‘n brandweerspan teen tyd Oppenheimer-biblioteek het geboet die brande het die boeke verwoes Wes-Kaap lê swart in […]