ek pateet
– my binneste verbrand in bewustelike skuld gevoel beskaamd staan ek voor die troon dekades van verrotting en blaam vreet my kern wese en bestaan tot sinnelose geraamte en tog.. is daar die advokaat wat juridies daar staan wat duidelike voorspraak vir my die pateet maak my telkens vermaan en ook vertroos Hy die parakleet […]
Mei 2022 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
INK Mei 2022 Kommentaar en uitslae Baie geluk aan hierdie 11 lede!! GOUD. 1ste- No 25. Caren Kearley met Binne seisoen 2de – No 24. Caren Kearley met Leonard se song 3de – No 23 Andries Fourie (Seirdna) met Wegkyker SILWER. 1ste – No 27. Marlene Erasmus met Vreesloos haweloos 2de – No 34. Loretta […]
Julie 2022 – Wat skryf ek projek
Beste INKers In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom. Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is. DIGTERS: 1. Skryf ‘n Persiese kwatryn. 2. Geen spesifieke tema […]
Kunstenaar Bedien
jou verfhand ontsluit uitgebrande grasveld as tot groen weiveld jy gooi momente op wit seildoeke, as kleur gedagte beelde jou ryk gemoed bedien ń kaleidoskoop, as vrye kleure onbetaald
Winter inferno.
Winter inferno Ons almal lewe en droom van die “eendag”. Ons gaan deur die seisoene van die lewe, soms met groot blydskap en soms met hartseer. Ons begin in die lente van ons lewe. Ek ontwaak hier in die einde van Junie met die verskriklikste wete van verlies! My asem stol in my borskas, dit […]
Waardes Bron
voorgeslagte leef ewig ingeploeg deur DNA ingeprent op ń nuwe doek baba voel onmiddelike melk damp in moeder dons kombers die lewe looi dan elke unieke gemoed tot ń leer slaansak behou jou pad slaggate of babasag ander is irrelevant
INK dig- en skryfkompetisie 2022
HIERDIE KOMPETISIE IS NOU GESLUIT * * * INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2022 15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022 Kom gee vlerke aan jou woorde!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, […]
winter (Silwer)
wanneer winter jou hart vol lê en jy met koue oë na my kyk vertoef ek bewerig in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar jou nypende greep op my verslae binneste my yskoud laat en tot in my siel versteen
skoon (Silwer)
in die ryptrap van ‘n winterslandskap trap die koue knars genadeloos-genadig sodat die lente se weerbegin skoon kan wees