Pêrels vir die swyne (Silwer)
Wie sal eendag die gelag moet betaal, omdat ons die swyne doofstom onthaal; wyl hulle óns reënboog se kleure steel en die son – korrup – met weemoed vervaal?
Hoëveldgedagtes (brons)
Toe dit herfs word was ek joune onbevrees met hart, liggaam en gees hoe sou ek ooit kon raai jou liefde sou soos kosmos, seisoensgebonde wees? ©️ Elize Kruger 10 Julie 2022
Drome in murasies
Suid-Afrika is ‘n sterk nasie Rotsvas gebou op ‘n stewige fondasie Dis hier waar ek bly, oud word en eendag gaan sterwe Al lyk jou mure soos verbrokkelende murasies
sonneblom (brons)
sonneblom sy is ‘n vrolike sonneblom wat lentetyd langs die rivier opkom en regop en fier daar staan met haar gesig altyd na die son
‘n Beter lewe (Silwer)
Moedeloosheid kortwiek geleenthede temper die wil om vooruit te strewe maak beter keuses en goeie vriende dan blink hoop weer vir ‘n beter lewe. ©Driekie Grobler
Ai tog (Silwer)
Jan het gaan wandel in die donker woud daar waar onheil broei en harte verkoud. Toe sien hy San dans in evasgewaad, nou worstel hy met gedagtes vol stout. ©Driekie Grobler
Langs die wapad
Waarom, al die oorspronklike geskiedenis laat vergaan Dit staan soos ‘n aandblom, onder die maan Waar die verlede nog kan droom, sonder bloed Kan ontwaak, met ‘n hart so sag
Sing, Bliksem sing! (Silwer)
Al dra ‘n aap ‘n kroon, én goue ring, bly hy steeds ‘n nare – geslepe ding; wat liewer sy tyd in ledigheid slyt, wyl hy ewe verwaand sy lof besing. * Foto: Olieverfskildery: Royal Monkey deur Donald Roller Wilson 1976
Geduld, o Geduld
Brons. Geduld “Is jy gereed vir die ‘tweede-pouse-treitering’?” vra Kate toe Magdel langs haar neersak. Die nuwe hoof wat drie maande gelede by die skool begin het, het dié tradisie begin. Elke Maandag, gedurende tweede pouse, het hy ʼn inspirerende boodskappie vir die personeel – “om julle moraal hoog te hou, mensies”. Die eerste […]