Cheers!
Cheers! geskryf deur Dale Penderis © sout en peper suikerbos en stroop so krui’ ek my dae toegedraai in hoop heuning en dikmelk my ontbyt is groot so word ek versadig deur my daaglikse brood balsem en vye gemaak om te heel my liggaam ʼn tempel as ek bly by die reël my liggaamspoort ook […]
verwerp om te verstaan
verwerp om te verstaan geskryf deur Dale Penderis © die grenslyn van my hart is lank en breed uitgestrek a double story built with purpose om seer siele te betrek ʼn visie en ʼn missie om jou seer te help dra, want dis wat God’s heilige woord van my vra elke kamer is versier met […]
Mes in my rug
diep, baie diep het dit gesny kon ek dalk vorentoe storm en my geliefdes met houe gooi maar stil het ek geraak met trane my gevoel beheer en terug gestaan dat hul verder afbreek my gesig was vol lag my lewe lank vrypostig het ek dit gedeel met ‘n ieder en ‘n elk ondeund was […]
Die wind waai waar hy wil
Godgegewe tyd en plek onvoorbereid was jy daarvoor bevind Hy wat soos ń duif uit die hemel neerdaal vind jy die lewende water wat vrede bring want die wind het kom waai waar hy wil strome van seën met water wat nie met ń beker geskep kan word die stem wat roep in die woestyn […]
Winterklawers (Goud)
die winter dra sy koue las so onverdiend en onvanpas in die skootsels van ‘n somerson ontwyk die gul genade hom maar eensaam winde maak musiek hul draai en speel en sing hulle speel ‘n lied van wel en weë op die vleuelklavier van tyd soos wat die liefde neem en gee noot elke drama […]
Musiek oor my (Goud)
hoe luimer hierdie Sondag my met sy middagskyn gelaat “sunshine on my shoulders makes me happy” sing goudverweefd John Denver op sy droomverlore maat gister groet my dagdroom sag deurdringend met gevoel wyl ‘n “green green grass of home” windjie oor my kinderjare spoel en ek sien Tom Jones daar staan met sy blink klemankies […]
druil
die kouefront lê binneboud ver uit die suide oor die baai tot oor die oostelike horison se berge draai hy sy stert soos ‘n druilende perd wat baie moeg is en te vinnig water suip plek-plek laat hy sulke plasse blou kolle waar die laaste vet druppels reën val laastens ook koue flokkies sneeu […]
Die Swerwer
Die swerwer, Absoluut alleen, Vervreem, Weg gestoot, lewe loos le sy in die sloot. Met n sak op haar rug, met een groot sug… Stukkende skoene, verlore sole stap sy kop onderste bo. Maar stap Sal sy stap al is daar Niks meer waar in sy glo. Buitensporige karakter, Gevoelens nie Meer n faktor. Een […]