Droom Verkoop
kafee tafels staan gereed, koffie en kossies op skerp gerei wag ek sit stil, gedagtes vasgevang in gevoelens skerp verwoord ander werkskaf, bevorder sake belange tussen blink pak manne kritikus beweeg, tuur befoeterd na die skrif geklad met middernag sweet
Vraag
die strewe na vooruitgang het swaar en straf gebring aan belaste onskuldiges wat die vrag moet dra bronne van welvaart word gekap uit oerwoude en vloei uit riviere dit vermolm groen blare in komposhope gevestige belange deur misbruik verkry word hardwerkend bewaar die eeue oue strewe na behoudende vrede word as snert verwerp
wee diegene
ritmiese voete stamp natuurlike oer formasie soos zoeloe krygers gevorm so breed soos die pad en meer maar nie net dreunsang die keer verdeel nou in groepe en flanke terwyl die aandag gerig bly op die groot massa wat jil plunder ander groepe besighede en motors dit word nou duidelik dat agter die dronk massa […]
Hemelse Simfonie 708 woorde Goud
Hemelse Simfonie Watter instrument is jy? Vroegoggend lê ek met my toe oë. Die natuur ontwaak in helder kleur euforie. Die dieprooi horison smelt weg saam met die die hoep-hoep-hoep terwyl spookasempienk-diamantduifiekoer die oggend begroet. Dan koggel die Hadida in donkergrys gekrys, en lag kliphard wanneer jy die kussing oor jou ore trek vir net […]
Harmonieuse Melodieë
Donker golwe met silwer branders breek in ’n ritmiesie akkoord die seebries melodie in liefhê tempo geharmoniseer ’n diepe kalmte omgeef met melodie en harmonie in liefdes towerkrag wyl branders bruis op maanlig strand skree baritonstem seemeeue kras in ’n duet teer in samesyn in stilte onder die sterrenag maanlig drome en liefdes passies vervleg […]
jy of ek (my gesin)
deur newels van donker nag sweef daar suspisieuse geluide sagte breek van glas of slot stil staan ek op, reik na my geweer dan storm drie skaduwees op my af met pangas en handwapens wat blits een tref my in die been en ek ruk dan trek my vinger die sneller strepe lopers […]
Gratis Suurlemoene
’Ek wil ’n band stig met die naam Gratis Suurlemoene ’n sanger, baie bluesy ’n jong musikant met ‘n gevoel vir house ’n rymkletser of twee ’n trekklavier en viool tussen die gewone instrumente Ons kan oorspronklike gesange skep of nuwe woorde uit oues laat groei of covers uitpols, soos Isnt she lovely […]
Woorde
Augustus projek Woorde Heeltyd volg hul my ek kannie wegkom hul wil nie ophou hul wil nie stop oral waar ek gaan is hul by my Hul wil my net nie los, hul spook by my hul groei alreeds soos mos vas aan my Hul maak my wakker in die nag en in die middernag […]
My taal is Afrikaans
Mý taal is Afrikaans! Ek skryf en dig in die mooiste-mooiste Afrikaanse taal met die talent deur God aan my gegee ek sál nié ’n minderwaardige knie buig voor enige ander taal wat my ruimte betree … mý taal is Afrikaans! mý taal is die onoorwinbare innerlike sielskrag deur God aan my gegee géén […]