Waar staan ons nou?
Die aarde is na my mening gebou op die ekologiese-fondasie wat God vir haar met die skepping uitgewerk het. Verder het God waarde aan die aarde toegevoeg met die skepping van die mens, deurdat Hy die mens uit haar stof geformeer het na Sy beeld en Sy gelykenis. Voorts het God ook waarde aan die […]
INK Skryf in Afrikaans – Dig- en Skryfkompetisie 2024
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2024 16 Februarie 2024 – 31 Mei 2024 Kom gee vlerke aan jou woorde!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 5, INKSPRAAK 5 JEUG, en INKSPRAAK 5 KORTVERHALE. Groep 7 […]
DIE LEWE SE KOUGOM
Die gesegde is nie verniet dat die lewe nes ‘n “nickerball” is nie. Hard, maar lekker. Daar is ook ander aspekte in die lewe en somtyds voel dit of ons nie heeltemal in beheer is as die dolosse vir ons verkeerd val nie. Nie altyd in die lewe val die dolosse in jou guns of […]
Die laaste avondmaal
In die bovertrek het Hy saam met die twaalf aan tafel gesit daar was ’n vreemde trek in sy oë Sy gemoedsrus – bewoë Hy wat altyd so seker was – Meester van elke situasie skokkend was Sy woorde ‘een van julle wat saam met my aan tafel sit sal my vannag veraai’ skok en […]
Skaakmat (Silwer)
Betower deur vlamtonge in jou kouevuur soos in ‘n trans het ek gedans op die tromslag van my hart se tamboeryne die bitter brousel liefhê uit die blink beker wat jy bied stik-stik gesluk omdat dit (of so het ek gedink) die regte medisyne was vir blywende geluk blasé het jy keer op keer jou […]
Kantel Val
in die skewe moment tussen struikel en val is daar ń oomblik waar almal vlieg vel tas die lug oë soek ń plek mond is naar en ore skree balans ons vlieg vry van swaartekrag ń sekonde salig vry tot ons eina val
Die Recce
Dit is 10 Januarie 1986. Suid-Afrika is in ’n hewige grensoorlog gewikkel. Glimmend soos ’n paling in die maanlig, lê die aanloopbaan op Mpacha lughawe in die stilte van die nag. Vel-blink gekleed, staan drie Vlossies gereed om te vertrek. Die Skrillende bevel van Luitenant Welgemoed rasper die rustige ritme van die nag in skerwe. […]