Kreukels
Ons harte praat nie meer die spasies tussen jou woorde en my sinne het verweer vergestalt in leë akkoorde gepaarde rym en omarmde rym het verdwyn gekruisde rym en gebroke rym het verskyn ek voel nog wanneer jou hart klop maar jou oë is soos ’n leë dop naïef sê ek nog vir myself: “The […]
Slagveld op Eden
Gister toe ek jou daar sien staan—so verrinneweer kon ek die trane nie keer Tyd het die septer geswaai, my vriend en noodlotsleer was jou verdiend leeg jou mond, net twee tande oor een onder en een bo ʼn lang snor bedek die gat; donker, diep en broos jy sluk jou lag, skaam vir […]
SANGOMA SUZI
Sangoma Suzi geskryf deur Fanus Strydom 5099 woorde (Waarskuwing: Hierdie skrywe bevat enkele vloekwoorde en kru taal.) Sannie Van Graan verklaar haarself amptelik as keelvol teenoor die gesig vol plooie in die spieël. So wat van op die stoep sit en staar na die vergetelheid is nou genoeg, besluit sy. Vandag is dit al […]
Keerwal teen die storm Goud
Keerwal teen die storm Die hand het gedraai en in ‘n oogwink was daar stormsee wilde woeste water wat klotsend, skuimend woede spoeg op ‘n vuil verweerde boerbokvel het jou talisman gestotter en gerol… om en om en om en voor jou eie voete tot stilstand gekom heksemeester, jou bene is gekraak […]
Onvoorspelbaar (Silwer)
Na ‘n vurk voor in die pad het die noodlot my genooi die inhoud van haar hande lukraak voor my gestrooi by die as van die reeds uitgebrande vuur was ek verdwaald, bang en verwárd maar jy’t jou menskombersie knus om my koue lyf kom hang en die onbekende voor my lieflik gevorm soos ‘n […]
Uit die argief van my dagboek
Na bykans 60 jaar, maak ek weer Oupa se plaashek oop. Daar is ’n opgewondenheid in my hart. Ek dink terug aan my kaalvoet-kinderjare hier op Oupa se plaas waartydens my kaalvoetjies die paadjies op Oupa se plaas deurgetrap het oor watervore deur vlaktes, vleilande en oor die brug by die rivier. Oral is my […]
KARMA
Jy hoef nie daaraan te glo dat dit ‘n werklikheid moet word nie. Lui die volgende gesegde of uittreksel uit die bybel ‘n klokkie? “Wat jy saai sal jy maai?”. Die lewe se dollos val partykeer reg en partykeer verkeerd. Party mense sal sê dit is net geluk of ‘n kans wat hul gevat het. […]
DAAR WAS STILTE
Jy kon ‘n speld hoor val stilte was swanger voor die baarkreet vrees in die oë van die wat uitoorlê is wette word verander meer word weg geneem as gegee die aankondiging blêr krakerig oor die radio versteen in afwagting die aankondiging volg teleurstelling sypel nes ‘n dief deur my liggaam dis gee en neem […]
DIE NOODLOT
Die dollos skarrel oor die tafel in ‘n vierkant uitgekeep slaan hy bolomakiesie is die sweet bitter wat pêrel op my voorkop stuur my skip af op die dollos van vernietig ek weet nie meer wat reg is nie ek weet nie meer wie ek is nie my knieë val stomp teen die grond my […]