Weg oor die horison
Die weg oor die horison Oppie gesigseinder hang die bloedgoudband van skemer nag klop klop aan aand se deur stilte het dag se geroesemoes kom versteur. Oppie horison lig maan sy blink lyf soos ‘n wafferse baron sterre soos stringe diamante deur donker gebeur en hang aan nag se koepel in volle fleur. Oor die […]
Blare
groen tot skilderdoos kleure koolstof na suurstof fabrieke bedrywe met ń kort prognose wat seisoenaal wegwaai as kompos alle kleure omvou in klere met bydraes onbeperk oor geslagte is vasgevang met toegaanskaarte wat reëlmatig verval as koopdoodskote blare warrel oor velde en stede in alle seisoene, veral in herfs as alles gereedmaak vir rusgate
Foto
Foto, N foto is n beeld wat geskep word deur lig. Jou geliefde staan voor jou met haar beeldskone gesig. Dit is n oomblik, n laglyn, haar rooi lip wat in die son onder gang skyn. Gryp die kamera, elektronies is al wat ons vandag besit. Gryp dadelik daardie tydlose rit na neentien-toeka toe […]
Anna se dolosse
Anna se dolosse Brons Anna sit op een van die dolosse en tuur oor die see. Dit is besig om hooggety te word. Sy merk hoe die branders teen die dolosse klots, maar laasgenoemde staan sterk, staan stewig en trotseer die krag van die weerstand. Sy weet nie wanneer en deur wie hierdie dolosse daar […]
Somergloed
voëls skinder saggies agter Adam en Eva blaartjies oor die allermagtige sterrehemel wat verval in die môrelig van een kleinster die son die oggend lig verlig, verwarm dan vinnig tot ń strakke middaggloed wat alles swart brand teen middag soek almal skadu lafenis oplaas die laatmiddag horison die bloedrooi is nou ń lougloed wat net […]
TOORDOKTER
TOORDOKTER Geskryf deur Fanus Strydom 1923 woorde “Beste uitvindsel ooit…” Die gryskopman draai moeilik om na die klein houtvenstertjie toe en wys na die uitgestrekte kaai voor ons. In ʼn ellelange, uitgestrekte lyn lê honderde sement-dolosse slaggereed en wag op die volgende woedende golf om te arriveer vanuit die diepsee uit. Die hoogwater […]
vrolik
as die golwe swyg die fabriek se reuk styg mense ontwaak uit diepe slaap nag se somer hitte lê nog kombers dan klink bokmakierie se geroep helder vrolik kondig hy ‘n nuwe dag vol seën aan donker nag van vrees vir roofdier en slang vir hom ook verby in die eerstelig strale soos ook in […]
STORMWATER
Stormwater BRONS Krag word teen krag getoets, die een breek, die ander keer. Waarom maak een mens ‘n ander een so seer? Dolosse het ek om my gepak. Die branders kan maar breek. My dolosse se brute krag sal my storm wreek. Maar dan kom’ n tsunami en selfs die dolosse spoel weg. Nou moet […]
waarseer
waarsêer met onseker talmende vingers wiggel jy die lyne in my hand en voorspel jy lukraak onverskrokke verwronge strepe in my sand teen die grensdraad van my wese rol jy jou suggesties uit gooi jy argeloos jou duister vrese tot waar net my wilskrag dit kan stuit in die kaarte van my […]
Februarie 2024 – Dolos projek
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.