BIE VIR MY HARTHOOFSTUK 4
HOOFSTUK 4 GESKIKTE PLEK Elmey parkeer onder die groot Jakaranda boom langs die lang rooi gebou. Vir ’n paar minute sit sy en neem die plek in. Dit lyk of haar soektog op ’n einde gekom het as sy na die boomreike omgewing om haar staar. Sy wonder of die vers al gelaai is? […]
Voorgee
tafel stoele netjies potte panne blink op rak stoof staan reg vir opkook die negossiekas propvol goed politoer blink op polimeer houtvloer die huis se boepensmaag staan daar die byna kennisse glimlag hande skud in dik en dun vertoon statig in voorportaal, die familiebybel, almal is in oortrokke kredietkaart status hierdie uitstaande vriendskappe is op […]
Vreemde Nommers
dit is pragtig hier alles werk lieflik 24 uur ons stemme dra hoëtrou oor giga byte netwerke ons voorkoppe en skoensole blik in omgulde vyfster kamerspieëls die gesels strotter raakweg van tyd tot tyd die ou siel druk seer teen my oor volgende ń moet sel opgradeer en ń kort 24 mnde kontraklas vir die […]
BIE VIR MY HART HOOFSTUK 3
HOOFSTUK 3 KENNISMAKING MET BUURMAN By die hek van die buurman sit sy, sy kan nie bel nie. Hoe kom sy hier in sonder om n lawaai op te skop? Dit gee haar kans om haar gedagte by mekaar te kry en moed by-mekaar te skraap. Sy het nie ’n idee hoeveel skade […]
fluisteringe van Flora
in die tuin van die lewe groei daar soveel blomme in alle kleure elkeen spog met eie kleur en geur groot opwinding as blomme bloei in die boeket van jou drome spreek blomme in hul eie taal rose vir liefde, diep en rooi lelies vir reinheid, wit soos sneeu viooltjies fluister in nuanses van blou […]
BIE VIR MY HART HOOFSTUK 2
HOOFSTUK 2 DANIëL KRY AMPER STUIPE Dis so drieuur toe Daniël die trok teen die laaibank trek. Die stewige raamwerk wat ou-pa laat opsit het, het al handig te pas gekom. So kon sy haar perd Kolbooi en die twee jersey verse veilig van die Vrystaat af vervoer en nou gaan haar afrikaner vers […]
BIE VIR MY HART Hoofstuk1
BIE VIR MY HART Marthie Joubert HOOFSTUK 1 NA BAIE JARE Elmey Furstenburg gly teen die kant van die groot Isuzu-beestrok af en beland voete eerste in die lang nat gras van die parkeerterrein van die Ark, waar die Boere vendusies maandeliks gehou word. Waarom het sy nie haar gumboots of […]
HEMELVAART
Op die trappe van die monument in lig beklee En waar die vroeë winter sonsondergang Die lug in bloed verkleur Dink ek aan – Hoe ons met spies, woord en geweer verniel Vir die besit van stukkies grond Wat God in die begin reeds aan ons gee. Aan ons nietige struwels met […]
Beminde Stiltes
As ek vandag net een ding kon sê sou dit die ongesproke weemoed wees die woorde wat verstom en verwees dit sou seker nie sonder seer wees nie want al die trane in die wêreld kan nie regmaak wat stukkend is nie kan nie terugbring wat ons verloor het nie dit sou seker ‘n sonnet […]