era(ta)
wat jy gister gesê het is duidelik gladnie wat jy vandag sê wanneer jy so terug loop op jou standpunte dit laat onuitveebare twyfel oor jou integriteit en dit brand soos vuur in ‘n bloekombos van my realistiese lewensbeskouing poli-tiek van vandag is ‘n duister nag poli-tici was nog altyd daar net vir […]
Swart swerkater en die Teddiebeer (kort kort verhaal) Goud 298 woorde
Die wind huil om die hoeke van die huis. In die voorhuis kletter en klap die vuur gesellig. Ek is net besig om my lang wolsokkies oor my koue voete te trek toe my groot ou teddiebeer man skielik op die punte van sy tone, nog ‘n aks langer word. “Gee my jou slipper!” “Hoekom?” […]
Hartsverlange – (Brons)
Hartsverlange – (Brons) my hartsverlang’ hang hunk’rend aan die maan tussen legio sterre flonkerend wie sal my tog hoor … wie sal dit verstaan waar pyn kristalliseer in enkel’ traan gedy gister-gedagtes folterend my hartsverlang’ hang hunk’rend aan die maan liefde wentel in wye wentelbaan ewig buite bereik dog skitterend wie sal my tog hoor […]
Somer in jou winter – Brons
somer in jou winter ek wil die eerste sonstrale wees in die klowe van jou seer siel my teen jou winter aanvly tot my hitte versprei diep in jou oë en vertroue koesterend lêplek vind weg dwarrel rolbosse van haat en nyd wat teen die hange van ’n hart kaalvoet dans kastyding heftig haper in […]
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons)
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons) “Verstaan u die implikasie van hierdie laatste wil en testament van u grootvader, juffrou Griessel?” vra die prokureur. Met ‘n kopknik bevestig ek dat ek begryp. Soetwater, my oupa se plaas is nou my eiendom, met dien verstande dat ek binne ‘n maand my intrek daar moet neem. ‘n […]
Fynste en Voete
Fynste en gedrog – (Brons) Die sagte, deurdringende reën kom in vlae oor die Kalahari-duine en swiep strale water teen die rondawel se vensters vas. Hierdie wegbreek is broodnodig. Hier in die stilte sal ek die uitgewers se smoele stil skryf. Hier sal Kesia haar missie voltooi tussen die sleutels van my skootrekenaar en die […]
Daardie verlore sokkie
(552 woorde) Die meeste mense wat sokkies dra, het twee voete en trek saans weer twee sokkies uit. Tog is daar altyd ‘n eensame, agtergeblewe sokkie wat gereeld opduik wanneer die wasgoed opgevou word. Die eerste gedagte wat dan by my opkom is dat die gevreesde sokkiemonster weereens ‘n sokkie skelm opgevreet het. Sou mens […]
PLEK VIR TWEE
PLEK VIR TWEE Vriend, is daar plek vir ons altwee by jou warmte as jy my in jou arms toevou? Graag sal skuiling by jou wil soek vriend, is die plék in jou hart groot genoeg? marthie joubert
Van die spitse van ekstase tot die dieptes van die hel (Goud)
Ek weet die onderwerp is seker al holrug gery, maar dit raak soveel siele op soveel verskillende maniere, dat ‘n mens die saak móét aanroer. Afgesien van die feit dat baie mense in professionele hoedanighede konsuis sekere dwelms as opkikkers en ontspanningsmiddels gebruik, is dit angswekkend om te sien hoeveel jongmense vandag met dwelms deurmekaar […]
Verbode vrugte Goud Julie projek
duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor ritmies en in metrum volg my pols hul spoor vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf omkring hul elke detail in fynspoorsproei geskryf seepskuimborrel sagte sleepsel oor die krombuig van jou rug verlustig ons tesame aan die verbode vrug stomend warm wasem vorm druppels […]