daar is iets
in sagte lente oggend vibreer dit van lae tone tot hoog saggies dring dit my bewuste binne vermurwe dit my harde realiteit oor my duin suis dit sag skaars roer dit die sandkorrels selfs geluide van die see vervaag in intense oordragsfomulier deur stegies van wit huise draal die klanke soos suidooster […]
Na die nag verrys die son
Brons Na die nag verrys die son Al het Helgaardt die vonnis verwag, kom dit egter steeds soos ‘n doodstyding. Hy word skuldig bevind aan moord. Twaalf jaar tronkstraf word aangekondig. En daar, geboei, word Helgard uit die hofsaal weggelei te midde van uiteenlopende reaksies en emosies. Uit die hoek van sy betraande oog, gewaar […]
klein bietjie
sonstrale bak op my lyf my bloed borrel van pret hartseer verdwyn spoedig alles lyk nou sommer beter as klein-bietjie-son verskyn kinders baljaar op my duin brakkies blaf van puur plesier golwe breek rustig uit op strand seemeeue skreeu van lewe as klein-bietjie-son verskyn oumense strompel stil aan hul oë gerig op […]
reg en geregtigheid
“Om te sien wat reg is, en dit nie te doen nie, is ‘n gebrek aan moed of beginsel.” – Confusius. soveel slagspreuke soveel leuses soveel ongebreidelde smart soveel kop-in-die-sand “doen dit – want dit is die regte ding om te doen” slagspreuk van reënboognasie in haelstorm van tyd soveel afgebreekte beginsels […]
allegaartjie
dralende musieknote kenmerkende basuin weergalm oor kruin versmeltende sigote stylvolle poësie homoniem sê brak homofoon sê brak eksklusiewe losie liefling is romanties eindelose woorde soos sterre beminde is semanties © Tearlach. (Ns: as jy meer wil weet vra Supertaal)
prys
jy die beloonde jy die uitsonderlike beloonde loof en prys Hom van wie dit kom jou gesonde hoë ouderdom verloëning van elke siekbed met elke prysie wat jy langs die pad ontvang word jou prys daarbo hoër nie in verdienstelikheid eerder erkentlikheid aan die Prysgewer ken pryse toe aan almal wat jy […]
Een vuurhoutjie
Gemsbok lees die winterweiding in die duine-note van die wind waar Kameeldorings vreugde vind en die tapyt van die duineveld besing een vuurhoutjie uit mensehand glip deur die vingers van die wind en steek sy vreugde aan die brand vuur en vlam skep chaos in duineland yl klossies stoppelbaard roet-swart oor die wange van die […]
veels geluk
na tagtig jaar se gestoei is jy in kalmer water om te roei na daardie ontwykende oorkantste soms onduidelike bosbegroeide boei na ses en vyftig jaar se gestoei oor watter een dit gaan wees stap jy nou beslis voor in die lewenskoor © Tearlach.
grim of glim
senuagtige grim-trek outomatiese glim-lag aangenaam verras trek senuwee saam verskyn daardie skaam-genotvolle-glimlag is dit erkenning of weersin is dit da ja voux senuweedrade kry nie vals boodskappe nie oubaas brein, solank hy heel is, gee net weer na aanleiding van sy gestoorde data maak hy dan die beste antwoord en stuur dit onversteurd […]
Ek word gedra (Goud)
Ek word gedra Die diagnose gryp my hart met sy ysterklou, my werwels erodeer, my knieë brand met vuur; my pols se skroewe weer los, sy vashou vou, my lyf word stukkend, onbeheerbaar, guur. Daagliks wroeg ek in ’n maalstroom sonder rus, my rug vou krom, my skouers dra die swaar; met elke operasie wat […]