Die lus van my oer-dier
Lus is ‘n liederlike ding. Jy kan hom nie beheer nie. Hy kom wanneer hy wil, soos ‘n dominee wat net weet van huisbesoek om die dag dat jou hare vuil is, die kinders moeilik is en jy lus het om die kat te skop, of die emmer. Lus laat hom ook nie voorskryf […]
bagger
op my stadige boot bagger ek vandag al die laste die slegte herinneringe van weleer om plek te maak vir dieper, beter dinge gedagtes wat skoon van lyding is die blote oopkrap van ou dinge kan pynlik wees en die trauma daarvan kan mens negatief maak in jou eensaamheid daarom is die beste […]
Vlam en Vonkie se vurige vryery (Goud)
Vlam en Vonkie se vurige vryery Vlam Verwey was ‘n rooikop van negentien wat bier bedien in die onderdorp-kantien sy het gedroom van ‘n beter lewe ver van hier toe kry sy vir oom Vonkie sekuur in haar visier sy het hom gretig bedien en gehou van wat sy sien en Vonkie het geglo dat […]
Oukraalvreugde
Oukraalvreugde Soggens vroeg ná ‘n koue aand stoom die grond sy laaste koue blaas. Ou Blink Stefaans staan langs die groot klipdam. Só het Oupa die windpomp benoem. Om die watersoeker lê duwweltjievlakte gesaai, geel blomme, tog so fraai. Sou jy gaan vir ‘n kaalvoetstap in Duwweltjielaan, daar by die groot klipdam, sal jy groot […]
Sonneblom so vry
Sonneblom so vry In ‘n wêreld donkergrys wil die mens met gegedagtes die mooi wegwys. Probleme op die skouers gelaai, met goeie hoop weggepak in ‘n donker tas. Kyk dan maar net na ons sonneblom, met sy koppie hoog gedraai. Dit maak nie saak wat die wind mag bring nie. Tot die dag wat hy weer […]
Gil tot jy daarvan hou
Gil tot jy daarvan hou Aan woorde moes ek al kou, fyn, keer op keer. En dit nou alles oor iemand anders se opspringhumeur. Bly eerder stil, hoor ons soveel keer. Tog bly die hart geen klip. Hy kry ook seer. Sou ander se duiwels hulle tot vloek en skel wil jaag, raak maar rustig […]
‘n Boer in beton
’n Boer in beton Daar is etlike debatte wat gereeld die rondte doen, soos byvoorbeeld die een oor wie eerste was – die hoender of die eier, of die een oor sjokolade en vanilla. Dan is daar die een wat my die meeste fassineer: die een oor wie die beste bestuurders is. Mans of vrouens? […]
Die ‘gestripte’ moer Goud 717 woorde (Taal waarskuwing)
Bemoerd sê jy? Laat ek jou vertel wat is bemoerd verby! Dis hoe ek voel. BEMOERD VERBY! Skuus vir die frans maar daar is nou net nie een woord sterk genoeg om my gevoel te beskryf nie, of daar is wel, maar so befoeterd is ek darm nog nie. Ek gaan wel binnekort wees […]
oewers van die gees
die oggend se vuur het vinnig uitgebrand nou lê al my drome so kaal op die strand berge staan stom in die grys middag-uur my jeug is verby soos ’n vlugtende uur spoke van duisterheid kom in die nag hulle steel van my voete die ritme en krag storms van ouderdom breek […]
melankolie
met ‘n kwaf en al in jou trourok van taf het ek jou melankolie destyds ontmoet die sielvolle oomblikke vasgepen in my geheue daar was tawwe jare jy moes taf wees soos ’n salmander deur vuur gaan om hierdie wese te verstaan © Tearlach. (Melankolies – sombere weemoed soms swaarmoedig kwaf – bolla […]