Jongste aktiwiteit:

Bloukoekblik gedagtes

Sy bak koekies vir haar blou koekblik,
sy geur dit met amandel.
Buite vlug ‘n vlinder
deur die laaste winterson.

*

O as sy kon
sou sy saam met duiwe swerwe
oor die erwe van haar moeders.
Sy sou haar kinders vlerke gee
om te wees
soos ‘n albatros
wat beur teen elke storm –
(die wind en weer hul redding)

en soos ‘n malgas
wat die land verlaat
maar altyd weer terug huis toe kom,
soos meeue langs die weskus
wat dans
bo ‘n fynbos veld in blom.

Om te wees
soos duiwe (wat nooit weggaan nie).

*

Sy eet koekies uit haar blou koekblik,
die geur is soos amandel.
Buite vlind ‘n vlinder
deur die eerste lenteson.

© Carma Shaw
5 September 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed