Gelukwyn
Gelukwyn
Die enkeldrup van een allenstaan kraan
soos die sagte huil wat twyfeltol oor
die wang oor ‘n geliefde rol of
reën se eerste aarseldrup terwyl
donder binnewolk bliksem en
aarde se draai na binne suig net
so is die binnedreun van my
enkelhart se eenmantraan as ek
jou notegeur luister jou boeketklank
my sagstreel nader in omsingelnag
elke skud uit asemruk in mengelmoes
van ligstraalskerp se steekverlang vasgevang
toegevou en vasgespin in oomblikdruk
waar hande hoor en vingers die blaaie
van my leefliggaam se gisters met sagte
streeletas woorde lees en ons binneklop
seerverdriet laat tros soos druiwe en
dan gelukwyn uitpers uit hul mos
© Grootvissie
November 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.