Jongste aktiwiteit:

Vir Marika

SILWER

soms word ons pad met duwwels besaai
maar jý het verkies om die blomme te maai
soms staan ons weerloos teen die lewe se slae
jý, daarenteen, sal dit glimlaggend verdra

as branders jou teen die rotse wil slaan
jou gees wil verdor soos ‘n brak pan se klei
jy voel of jy breek soos versplinterde glas
jou siel wil verdwyn soos dou in die gras

– dán staan jy op –

met jou pers skoene aan
stap jy deur duwwels en kleipan se dor
aap met die windpomp die namastap na
lag met die kokerboom, goudgeel in blom
vir die wolke wat soms voor die son verbykom




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed