Jongste aktiwiteit:

Skyn

Dit skitter op tekens
van laasnag se reën –
dalk sal die Here my tog
vandag weer seën.
Tussen kinders en ouers
wat in kleure jil
kan ek Hom opnuut nog dank.

Skote klap en almal gil.
Hekkies val en linte breek,
iewers bly ‘n spies vassteek.

Dan in die geskarrel –
sommer soos ‘n blits –
kom ek onder, of is dit agter
die kap van ‘n byl,
o n t p l o f
my binnemens,
spat in duisend silwer
stekelkante
van silikoon en sand
tot stof.
Ek sien myself
en stukkies saam
in elke splinter blink,
weerkaats, gesny.

En voor my is,
soos haas my lewe lank,
in die spieël se strakke raam
net ‘n dowwe, dooie
plank.

©Charleine Collins (13 September 2018)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed