Jongste aktiwiteit:

Hoe Vind Ek Jou Hart?

Hoe vind ek jou hart?
Hoe vat ek jou spoor?
Het ek jou dalk êrens
agter ‘n rooi duin verloor?

Wys my jou spoor,
wys my jou hart
dat ek saam met die wind
jou spoor kan vat

kyk diep in my oë
kyk diep in my siel
sal jy saam met my
voor die liefde kom kniel?

en as ek jou vind
en jou hart vir my steel
sal jy soos ‘n kind
op my duine kom speel?

©07/12/2018 Anton Bosch




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed